Menu terloops
In Gons [23 Feb 2024]

‘Klein Paradys’: Robbie Kruse is aanbieder van dié nuwe realiteitsreeks


Die gewilde radio en TV-aanbieder Robbie Kruse is aangekondig as die aanbieder van ‘Klein Paradys’ – ’n nuwe, oorspronklike realiteitsreeks op pad na kykNET… en waarvoor jy nog kan inskryf.

‘Klein Paradys’: Robbie Kruse is aanbieder van dié nuwe realiteitsreeks

In Klein Paradys gaan ses mededingende spanne wat uit twee persone bestaan wat mekaar reeds ken, elk ’n mikro-woning opknap en stileer in ’n poging om R1 miljoen te wen. Die mikro-wonings wat vir die reeks omskep word, moet vyfster-akkommodasie aan voornemende gaste bied.

Robbie, wat sy radioloopbaan by Tuks FM aan die Universiteit van Pretoria begin het, het al ’n draai agter die mikrofoon by radiostasies soos 5FM, Jacaranda FM en RSG gemaak. Op TV was hy lank een van die aanbieders van Bravo! op kykNET. Robbie is ook ’n restaurant- en kroegeienaar, doen eiendomsontwikkeling en werk steeds as seremoniemeester.

As aanbieder van Klein Paradys gaan Robbie daarvoor verantwoordelik wees om die kykers op hoogte te hou, die deelnemers leiding gee en help om die beoordelaars se kritiek te fasiliteer.

“Toe ek gevra is om die aanbieder te wees en gehoor het waaroor dit gaan, was die besluit om ja te sê baie maklik. Ek hou van die konsep, en dis ’n voorreg om saam met die span van AfrOkaans, wat die reeks vervaardig, te werk,” sê Robbie.

“Hierdie reeks gaan ’n heerlike uitdaging vir die deelnemers wees.”

In Klein Paradys gaan die span wen wat die indrukwekkendste, mooiste en mees praktiese mikro-woning kan inrig.

Daar is nog tyd om jou naam in die hoed te gooi – inskrywings sluit op 29 Februarie 2024. Om jou span in te skryf, kliek hier.

Die reeks sal in die Wes-Kaap verfilm word en na verwagting laat-2024 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Dit sal ook op DStv Stream en DStv Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies