Menu terloops
In Gons [28 Nov 2023]

‘Kind’: Nuwe feestydfliek ‘sal harte warm maak’


Die akteur en regisseur Gustav Gerdener beskryf sy nuwe Kersfeesfliek, ‘Kind’, as ’n verhaal oor die herontdekking van liefde wat aan die hele gesin se hartsnare sal trek.

‘Kind’: Nuwe feestydfliek ‘sal harte warm maak’

Die veteraanakteurs Rika Sennett en André Stoltz is te sien as Lenie en Marius in kykNET se nuwe Kersfeesfliek, Kind.

Lenie en Marius, ’n ou getroude paartjie, se enigste seun en sy gesin gaan weg met vakansie en laat hulle op hul eie vir Kersfees. Hoe vier jy die feestyd as jy sonder kind of kraai sit? Jy neem die dorp op horings.

Ook deel van die rolverdeling is Hannes Brümmer, Zonika de Vries, Monica Muller en Andreas Jordaan. Die draaiboek is deur Tharine Pienaar geskryf, en die regisseur is Gustav Gerdener.

Kind, Andre Stolz
André Stoltz as Marius in Kind. Foto: Verskaf

“Dis ’n fliek wat beslis die hele gesin se harte warm sal maak,” sê Gustav. “Dis ’n verhaal oor die herontdekking van liefde en om weer sin in die lewe te vind; oor versoening wat jou laat besef waar jy in jou lewe is en dat jy die beste daarvan moet maak; oor die waardering van die klein dingetjies en die strewe om alles voluit te ervaar.”

Gustav het die draaiboek soos enige ander draaiboek benader.

“Jy moet getrou bly aan die storie, diep grawe en die ui laag vir laag skil en elke laaste bietjie sap uit hom kry. As regisseur moet jy besef die kamera is die oë van die kykers, en jy moet hulle lei na die boodskap in die hoop dat hulle nuwe insig in die lewe sal kry.”

Kind is in Johannesburg verfilm, en sluit wilde jaagtogte, danspassies in die natuur en laatnagsessies van putt-putt in.

Vir Gustav was dit ’n droom wat waar geword het om saam met sulke ervare akteurs te werk. “

Dit neem slegs ’n woord en hulle verstaan wat jy as regisseur wil hê. Ek het geweldige respek vir hoe hulle die soms moeilike verfilmingsomstandighede hanteer het. Dit was ’n fees! En saam met hierdie tegniese span sal ek oorlog toe gaan.”


Kind word 23 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies