Menu terloops
In Jy sal hou van [21 Sep 2021]

Karakter (S1)


TV- en radioaanbieder Rian van Heerden is op soek na Suid-Afrika se ware “karakters” in dié kykNET-reeks. 

Kyk nou

Karakter (S1)
Kyk lokprent

TV- en radiolegende Rian van Heerden is op soek na Suid-Afrika se ware “karakters” in dié kykNET-reeks oor mense wat die lewe op horings neem en volgens hul eie reëls lewe. 

“Dikwels is al wat ons oor hierdie mense weet bloot gerugte, leuens en ander mense se opinies en persepsies,” sê van Heerden.

In Karakter ontmoet hy mense soos ’n voormalige nudis wat met haarself trou, ’n prediker-krokodilboer, en ’n man wat ry op ’n driewielmotorfiets met ’n kis daaraan vasgemaak. In elke episode probeer Van Heerden dié mense en hul stories verstaan, asook om vir hulle ’n kans te gee om hul eie verhale te vertel. 

Genre: Realiteitsreeks
Regisseur: Deon Potgieter
Aanbieder: Rian van Heerden

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies