Menu terloops

Kaleidoscope S1

Op Netflix [Gepubliseer op 1 Jan 2023]


’n Meesterdief en sy crew beplan ’n rooftog ter waarde van $7 miljard in die eerste seisoen van ‘Kaleidoscope’. Verraad en hebsug dreig egter om hul planne in die wiele te ry…

Kaleidoscope S1
Kyk lokprent

Kaleidoscope (dit was eers Jigsaw genoem) se vertelling strek oor die duur van 25 jaar en volg ’n groep diewe se poging om by ’n oënskynlik onbreekbare kluis in te breek. In elke episode word slegs ’n stukkie van die legkaart onthul – daar’s korrupsie, hebsug, wraak, verraad… Wie kan vertrou word? Hoe is als beplan? Wie kom met die skelmstreke weg?

Die reeks is deels geïnspireer deur die werklike verhaal van $70 miljard dollar se effekte wat tydens orkaan Sandy in Manhattan vermis geraak het. 

Die meesleurende anthology-reeks bestaan uit agt episodes wat strek van 24 jaar voor die rooftog tot ses maande daarna. Dit volg egter ’n nie-lineêre vertellingsaanslag. Kykers gaan dus elk ’n ander kykervaring hê met die episodes se volgorde wat van kyker tot kyker verskil. Só word intrige en spanning op ’n eiesoortige manier ontwikkel. Die slot-episode is egter vir almal dieselfde. 

Kaleidoscope is vanaf 1 Januarie op Netflix.

Soortgelyk:

Reyka

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies