Menu terloops

Julia S1

Op Showmax [Gepubliseer op 24 Feb 2023]


Die bekroonde Sarah Lancashire vertolk die rol van Julia met akteurs soos David Hyde Pierce en Bebe Neuwirth, albei van Frasier-faam, ook in die rolverdeling. 

Julia S1
Kyk lokprent

Julia is ’n fiktiewe vertelling van hoe die geliefde sjef Julia Child haar boek, Mastering The Art of French Cooking, in ’n TV-reeks omskep het. Dié reeks, The French Chef, sou uiteindelik vir tien jaar (1963-1973) uitgesaai word. Daarmee het sy ’n charismatiese kookpersoonlikheid geword. Soveel so, dat ’n mens haar eintlik die oorspronklike TV-sjef kan noem. Lank voor Nigella, lank voor Jamie Oliver, lank voor Gordon Ramsay, was daar dus Julia Child. 

Die bekroonde Sarah Lancashire vertolk die rol van Julia met akteurs soos David Hyde Pierce (Frasier) en Bebe Neuwirth (FrasierCheers) ook in die rolverdeling. 

Die reeks het ’n punt van 93% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. 

“Dit is ’n manjifieke storie, terselfdertyd vreugdevol en melancholies met ’n subtiele emosionele kompleksiteit,” lui Times UK se resensie. 

Binge vanaf 24 Februarie op Showmax. Die bekroonde (gelyknamige) dokumentêr is ook vanaf 24 Februarie op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies