Menu terloops
In Gons [11 Jul 2024]

Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 16de seisoen


Dit als begin met ’n brief… Hier is wat jy in elke episode van die nuwe seisoen van die maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’, vanaf Donderdag, 18 Julie 2024 op kykNET, kan verwag.

Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 16de seisoen

Vanjaar se oes van Boer soek ’n Vrou-deelnemers se ouderdomme wissel tussen 23 en 40, en die boere verteenwoordig sewe provinsies. Daar is ook twee vroue-boere wat deel van die groep uitmaak. Maar watter vyf boere gaan die meeste briewe ontvang? En gaan hul soeke na die liefde vrugte werp?

Hier is jou handige kykgids vir die nuwe seisoen.

Donderdag, 18 Julie 

Episode 1: Marciel ontmoet die tien boere

Tien enkellopende boere soek pasmaats! Dié welbekende realiteitsreeks, aangebied deur Marciel Hopkins (vir ’n laaste keer!), volg tien boere se soeke na die liefde. 

Donderdag, 25 Julie

Episode 2: Die briewe

Marciel val weer in die pad om die tien boere se briewe af te lewer. Binne 24 uur moet die vyf boere met die meeste briewe tien pasmaats kies om in die Kaap te ontmoet.

Donderdag, 1 Augustus

Episode 3: Blitsafsprake 

Van reg oor die land kom die pasmaats bymekaar vir ’n kort, maar kragtige, kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen kry presies vyf minute om met hul boer te gesels, en daarna word vyf gekies.

Donderdag, 8 Augustus

Episode 4: Groepafsprake

Vandag kry ons boere ’n bietjie meer tyd om hul vyf pasmaats beter te leer ken. Elke boer moet drie pasmaats kies wat op die plaas vir ’n week gaan kuier. En wie weet… Dalk is een van hulle “Die Een”.

Donderdag, 15 Augustus

Episode 5: Plaasbesoek

Die pasmaats arriveer op die plase. Hulle gaan vir ’n week lank saam met die boer woon en werk, en kyk of liefde wel tussen een van die paartjies kan blom.

Donderdag, 22 Augustus

Episode 6: Drie kuiergaste op die plaas

Die boere neem hulle pasmaats op ’n avontuur weg van die plaas af om te kyk of verhoudings kan groei. En dan vang verassende nuus die boere onkant.

Donderdag, 29 Augustus

Episode 7: Dames besoek die dorp – deel een

Marciel stuur die pasmaats op hulle eie avontuur terwyl die boere oor die afgelope paar dae besin, want binnekort moet daar moeilike keuses gemaak word.

Donderdag, 5 September

Episode 8: Dames besoek die dorp – deel twee (en uitstem)

Ná ’n paar dae op die plaas moet een van die drie pasmaats huistoe gaan. Gemoedere loop hoog as sekere waarhede ontbloot word. Wie gaan die boer vra om te bly?

Donderdag, 12 September

Episode 9: Twee kuiergaste bly oor, en die familiebraai

Daar is nou net twee pasmaats op die plaas oor. Die boere nooi ook vriende en familie oor vir ’n braai sodat hulle die pasmaats kan ontmoet en hul opinie kan vorm. 

Donderdag, 19 September 

Episode 10: Alleentyd

Dit is die laaste voldag op die plaas. Die spanning loop hoog, want elke boer moet binnekort weer ’n keuse maak. Almal kry tyd om individueel met mekaar te gesels.

Donderdag, 26 September 

Episode 11: Die finale keuse

Dis tyd vir die boer om te besluit, maar is beide pasmaats nog gretig om die boer se vrou te word? Vandag kies die boer die pasmaat wat moontlik die liefde van hul lewe kan wees. 

Donderdag, 3 Oktober

Episode 12: Die skoonfamilie

Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. As die kennismaking met die skoonfamilie goed afloop, is daar dalk hoop vir ’n gelukkige toekoms saam…

Donderdag, 10 Oktober

Episode 13: Die vakansie

Die boere en hul pasmaats gaan hou vakansie. Tydens die vakansie kry die boere en hul pasmaats kans om mekaar goed te leer ken – weg van die plaas, weg van familie en vriende.

Donderdag, 17 Oktober

Episode 14: Die reünie

Al tien boere kom vir ’n eerste – en ook laaste keer – bymekaar. Ons vind uit wie van ons tien boere liefde aan die einde van die reeks gevind het. 


Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) en DStv Stream. Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies