Menu terloops
In Sepies [28 Aug 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir September 2024


Sanet buk onder emosionele druk, en ’n tragedie tref die Boskruin-gemeenskap. ‘Diepe Waters’-kykers kan na dít en nog meer in September uitsien. Hier is ons kykgids.

Kyk 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir September 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 2 September 

Dis die dag van die Wishes Do Come True geleentheid. Zelda probeer Sylvia verskoning vra. Ben vra Chris vir raad oor ’n situasie.

Dinsdag, 3 September

Tshepo wil sy foute regmaak, maar sal Gys dit aanvaar? Pam bewimpel ’n nuwe plan teen Zelda. Sanet twyfel oor haar toekoms met Ben.

Woensdag, 4 September

Karla raak verlief. Tshepo probeer om vir Nina terug te kry. Gys se verlede met Zelda vreet aan hom.

Donderdag, 5 September

Tshepo sluk sy trots en keer terug na die klub. Zelda se poging om met Pam te versoen, misluk.

Maandag, 9 September 

Sanet is onkant gevang met Ben se groot nuus. Nina is bekommerd oor Wim se welstand. Zelda vermoed Pam is besig om haar te saboteer.

Dinsdag, 10 September

Wim is kwesbaar by AA, en Sanet kan vereenselwig. Zelda bied ’n vredesaanbod aan Pam. Tommie ontmoet Tomi. 

Woensdag, 11 September

Sanet buk onder die emosionele druk van haar en Ben se nuwe hoofstuk. Vonke spat tussen Tomi en Tommie.

Donderdag, 12 September

Pam het ’n nuwe Motion Management kliënt wat haar uitdaag. Sanet word met Ben se planne oorweldig. Tommie is verlief.

Maandag, 16 September 

Wim sê vir Sanet wat sy wil hoor. Karla vis oor Tomi en Juvan. JD maak ’n post en Pam moet vure dood slaan, maar JD maak dit erger.

Dinsdag, 17 September

Sanet word gekonfronteer deur ’n groot besluit. Nina wonder hoekom Wim nog nie Kaap toe getrek het nie. Pam deel in Sylvia se hartseer.

Woensdag, 18 September

Sanet probeer die stukke optel ná haar gesprek met Ben. Gys verloor sy vertroue in Pam.

Donderdag, 19 September

Is daar lig aan die einde van die tonnel vir Sanet? Tomi en Juvan bereik ’n oomblik van besef. Pam voel sy het vir Zelda net waar sy haar wil hê.

Maandag, 23 September 

Gys en Zelda probeer beheer kry oor die Megron Myn-skandaal. Karla moet ’n reuse geheim van Nina afhou. Charity ontmoet ’n misterieuse man.

Dinsdag, 24 September

Cloete pers vir Zelda af met die verlede. Charity word uitgevra op ’n afspraak, en Sanet se hart word gebreek.

Woensdag, 25 September

Die Boskruin-gemeenskap word deur ’n tragedie geruk. Zelda neem ’n desperate besluit om haar verhouding met Gys te beskerm.

Donderdag, 26 September

Sanet sukkel om haar emosies te onderdruk en Karla se skuldgevoelens vreet haar op. Charity besef hoekom Shane so bekend voel.

Maandag, 30 September 

Gys en Zelda se romantiese ete word deur ’n onverwagse gas onderbreek. Nuwe bloed arriveer in Boskruin.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies