Menu terloops
In Sepies [26 Apr 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Mei 2024


Gys maak skokkende skuiwe, Rossouw se trauma-duiwels spook weer by hom, en Rose maak ’n onstellende ontdekking – dít en nog meer is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in Mei kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Mei 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Woensdag, 1 Mei 2024   

Tshepo is vasbeslote om vir Mohavi te red – ten koste van sy drome. Lettie besluit om vir Lettie’s Keffie te veg. Gys se wêreld stort ineen.

Donderdag, 2 Mei 2024      

’n Onthulling ontwrig die Swarts-huishouding. Lettie heropen haar keffie te midde van gemengde emosies. Mohavi maak gereed vir ’n transformerende gebeurtenis terwyl Tshepo interne konflik in die gesig staar.

Maandag, 6 Mei 2024       

Gys neem ’n skokkende stap teen Lettie se restaurant. Charity het min geduld met Arno se verslawing. Tshepo ontvang tragiese nuus.

Dinsdag, 7 Mei 2024       

Zelda is bekommerd oor Arno. Rossouw se posttraumatiese stresversteuring vlam weer op. Die bron vir die raaiselagtige siekte wat die swemmers teister, kan dalk reg onder hul neuse wees.

Woensdag, 8 Mei 2024      

Henry word blameer vir die swembad se swak higiëne. Ben en Sanet ontvang baie onverwagse nuus. Tshepo rou en haal sy frustrasies op Gys uit.

Donderdag, 9 Mei 2024

Martha probeer Tshepo help met sy besluit oor sy toekoms. Anja is bekommerd oor Rossouw se nuwe energie, maar gaan Pam sy plan in elk geval oorneem?

Maandag, 13 Mei 2024     

Rossouw se sake-onderneming beland in die verkeerde hande. Sanet raak betrokke in ’n sluipende magspel om Boskruin-gemeente die oorhand te gee. 

Dinsdag, 14 Mei 2024     

Henry en Lettie vind bewyse dat Henry onskuldig is, maar sal Gys dit glo? Sanet en Ria se stryd bereik kookpunt. Rossouw en Karla probeer vrede maak.

Woensdag, 15 Mei 2024     

Wim spreek sy kommer uit oor die huwelikskursus wat Rose bespreek het. Rossouw ontken sy trauma. Sanet is opgewonde oor die konsert.

Donderdag, 16 Mei 2024

Wim is versigtig rondom hul huis se sekuriteit. Gys verwerp Rossouw se sakeplan. Zelda kry iets van waarde in die hande.

Maandag, 20 Mei 2024                  

Karla se liefdeslewe word beproef. Charity en Pam betree ’n besigheidsooreekoms. Rossouw se geestesgesondheid is in flarde.

Dinsdag, 21 Mei 2024    

Die interklub-gala is in volle swang. Rose het ’n dramatiese ontmoeting met iemand uit haar verlede. Rossouw probeer sy pa se goedkeuring terugwen.

Woensdag, 22 Mei 2024

Damian neem kennis van hoe goed Nina swem. Rose maak nog ’n onstellende ontdekking. Zelda stel ’n sakegeleentheid aan Rossouw voor.

Donderdag, 23 Mei 2024       

Rose en Wim betrek die polisie ná die aanvalle op hulle. Rossouw neem ’n groot stap wat Gys ontstel. Karla is toenemend onseker oor Arno. 

Maandag, 27 Mei 2024           

Gys is geïrriteerd oor Zelda en Rossouw se vennootskap. Sanet vind uit wie die e-pos oor Ben gestuur het. Karla het ’n moeilike besluit om te maak.

Dinsdag, 28 Mei 2024      

Anja se kommer oor Rossouw groei namate hy erkenning by Zelda vind. Die De Wets se sluipjagter teister hulle nogsteeds..

Woensdag, 29 Mei 2024

Die De Wet-familie is hoogs verontrus as hulle uitvind wat die indringer vir Nina gelos het. Sanet blaas die oorlog tussen haar en Ria verder op.

Donderdag, 30 Mei 2024

Rose en Speursersant Ferris probeer spoedig vordering maak met die ondersoek. ’n Onwelkome gas maak ’n verskyning by Rossouw se bekendstelling.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies