Menu terloops
In Sepies [28 Mei 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Junie 2024


Daar is ’n skokkende voorval by die swemklub, Zelda is ongelukkig en ’n onwelkome gas verskyn op Sanet se drumpel. Dít en nog meer is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in Junie kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Kyk 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Junie 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 3 Junie      

Ria lewer ’n roerende toespraak by Ben se spesiale nagmaal, en kry dit reg om Sanet baie sleg te laat lyk. Kurt maak ’n skokkende ontdekking.

Dinsdag, 4 Junie       

Skokkende gebeure laat Gys anders na Rossouw kyk. Die De Wets probeer terugkeer na normaliteit. Die spanning tussen Ben en Sanet hoog loop.

Woensdag 5 Junie      

Rossouw is oorweldig deur Gys se aanbod, en Ben maak ’n groot besluit. Die strydbyl word begrawe.

Donderdag, 6 Junie       

Charity voel sleg oor hoe sy vir Karla behandel het. Rossouw het ’n moeilike besluit om te neem.

Maandag, 10 Junie     

Iemand keer terug na Boskruin en Sanet maak ’n groot gebaar. Tshepo ervaar groot druk voor die Spele.

Dinsdag, 11 Junie       

Sanet wil iemand help om aan te beweeg met haar lewe. Charity word genader met ’n ondenkbare versoek.

Woensdag, 12 Junie      

Thandi sukkel om Tshepo tot ’n deurbraak te lei. Die gewig van Michelle se dreigemente breek Charity se fokus.

Donderdag, 13 Junie       

Charity praat met Arno oor haar huidige probleem. ’n Onwelkome gas daag by Sanet se huis op. Tshepo se nuwe joernaal veroorsaak ’n reuse misverstand.

Maandag, 17 Junie      

Gys is bekommerd oor Charity. Henry kan nie Tshepo se moed breek nie. Jacques en iemand spandeer al hoe meer tyd saam.

Dinsdag, 18 Junie       

Gys heroorweeg sy besluit, en daar is ’n skokkende voorval by die swemklub. Henry vra Gys vir ’n loonvoorskot.

Woensdag, 19 Junie      

Charity voel al hoe meer hulpeloos teen die dreigemente. Henry maak ’n nuwe plan om geld te maak, en ’n goeie geleentheid doen homself voor.

Donderdag, 20 Junie       

Charity maak ’n lewensveranderende voorstel om die mense wie sy lief het, te red. Lettie is skepties oor Henry se ambisieuse drome vir die konsert.

Maandag, 24 Junie     

Henry vra vir Gys ’n guns en hy stem in. Michelle vertel Zelda van Charity se aanbod, maar Zelda is nie gelukkig nie. Charity is angstig oor haar aanbod aan Michelle.

Dinsdag, 25 Junie     

Tshepo vind uit van die huiskonsert, en Charity is emosioneel oor die gedagte om alles agter te laat. André se belangstelling pla Jacques.

Woensdag, 26 Junie      

Karla ontvang slegte nuus, en Tommie en Henry hou ’n eienaardige konsert. Die liefdesvlam brand hoog.

Donderdag, 27 Junie           

Jacques is jaloers op ’n nuwe vriendskap. Henry is teleurgesteld met die geld wat die huiskonsert ingebring het. Charity bring slegte nuus vir Gys.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies