Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Sep 2021]

Jan S1-3


Jan Hendrik van der Westhuizen en sy gewilde kookprogram, Jan, is nou beskikbaar op Showmax. 

Kyk nou

Jan S1-3
Kyk lokprent

Ons lek nou al drie seisoene lank ons lippe af vir Jan Hendrik van der Westhuizen se smullekker haute cuisine in sy gewilde kookprogram, Jan

Sy restaurant, JAN, in Nice op die Cardabelde d’Azur in Frankryk is ’n viermalige ontvanger van die hoogste eer in die bedryf: Michelin-ster-status. 

In die eerste twee seisoene kuier en kwyl ons in Jan Hendrik se Nice-kombuis soos hy kunswerke van kos maak – altyd met ’n bietjie Suid-Afrikaanse geur. Ons reis ook saam met hom na verskeie Europese bestemmings wat sy gunsteling-geregte beïnvloed het. 

In die derde reeks maak hy op tuisbodem kos by sy Innovation Studio in Kaapstad. Sy ma kom ook hand bysit vir die bekendstelling van KLEIN JAN, die bekroonde sjef se nuwe restaurant in die hartjie van die Kalahari. Jy kan die VIA-reeks aanlyn op Showmax kyk. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies