Menu terloops

Jack Ryan S1-4

Op Ander [Gepubliseer op 30 Jun 2023]


Die vierde – en laaste – seisoen van ‘Tom Clancy’s Jack Ryan’, is gelyke dele aksie en intrige met John Krasinski se sjarme wat die reeks daai ekstra ietsie gee.

Jack Ryan S1-4
Kyk lokprent

Met die aanvang van die laaste seisoen van Tom Clancy’s Jack Ryan, is die titelkarakter op sy gevaarlikste missie nog. Die storie hervat met Jack (Krasinski) in die rol van die nuwe waarnemende adjunkdirekteur van die CIA.

Jack se eerste taak is allermins maklik. Daar’s vyande en korrupsie in hul eie geledere wat Jack moet ontbloot. Hy ontdek dan ’n hele reeks ongewone black ops wat Amerika se swakpunte kan ontbloot en só die hele land in gevaar stel. Soos Jack en sy span die korrupsie in die organisasie ondersoek, kom hulle egter op iets nog erger af…

Ook in die rolverdeling tel Wendell Pierce as James Greer, Michael Kelly as Mike November, en Abbie Cornish as Cathy Mueller.

Nuwe gesigte dié seisoen sluit in Michael Peña as Domingo Chavez en Louis Ozawa as Chao Fah.

Die resensent Alex Maidy het die kombinasie van Krasinski en Pierce in die rolverdeling geloof en skryf voorts dat die reeks “die politieke en aksie-elemente kombineer op ’n manier wat vir wonderlike televisie sorg”.


Stroom Tom Clancy’s Jack Ryan vanaf Vrydag, 30 Junie 2023, op Prime Video.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies