Menu terloops
In Gons [15 Aug 2023]

‘In Frans, ja!’ neem kykers saam na Rugbywêreldbeker


Die Rugbywêreldbeker skop op 8 September in Frankryk af. Tussen al die rugby deur gaan Vanes-Mari en Hammie hul ervarings van dié land deel in die nuwe reeks, ‘In Frans, ja!’ op kykNET.

‘In Frans, ja!’ neem kykers saam na Rugbywêreldbeker
Kyk lokprent

Vier jaar gelede het Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels vir kykers in die reeks In Japan, ja! al om Japan saamgesleep toe die Rugbywêreldbekertoernooi daar plaasgevind het. Dié keer is Frankryk die gasheerland en Vanes-Mari en Hammie, soos sy vriende hom ken, neem dan eersdags vir kykers op ’n Afri-Franse avontuur met hul nuwe reeks, In Frans, ja!.

Soos wat ons reeds op Erns Grundlingh se reisprogram, Elders: Frankryk, gesien het, is daar baie stories om oor dié Europese land te vertel. Dink maar net aan die land se wêreldberoemde wyne en fynproewerplesiere, die modes, die kunsskatte en van die beste strande op aarde.

Vanes-Mari sê in ’n mediaverklaring dat hoewel Japan “fun” was, gaan Frankryk “funtastic” wees: “Ons wil sien wat die land van die Hane bied.”

Die reeks sal die Bokke van Marseille na Bordeaux volg met Vanes-Mari en Hammie wat langs die pad dinge doen soos wynproe en muurkuns besigtig. Hulle gaan ook saam met die oud-Bok Flip van der Merwe in Biarritz die Bokke se wedstryd teen Ierland kyk. Dít word gevolg deur ’n rugby-bootreis met Suid-Afrikaners. Hopelik sal Hammie en Vanes-Mari dan in Parys sien hoe die Bokke die Webb Ellis-trofee lig…


In Frans, ja! word vanaf 9 September 2023 elke Saterdagaand om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die reeks sal ook op CatchUp en DStv Stream beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies