Menu terloops

House of the Dragon

Op DStv [Gepubliseer op 22 Aug 2022]


Die TV-wêreld is vuur en vlam oor HBO se ‘House of the Dragon’ wat uit die gewilde ‘Game of Thrones’ gespruit het. Kyk dit op DStv.

Kyk nou

House of the Dragon
Kyk lokprent

House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones af. Dit draai om geskiedenis en bewind van Huis Targaryen en die magsbeheptheid wat dié ryk uiteindelik tot ’n val gebring het. Die rolverdeling sluit onder andere vir Olivia Cooke, Emma D’Arcy, Paddy Considine, Matt Smith en Rhys Ifans in.

Hoewel dit nie regtig nodig is om reeds met die wêrelde van Westeros en drake bekend te wees om House of the Dragon te volg nie, sal jou kykervaring wél ryker wees as jy jou eers in al agt seisoene van Game of Thrones verdiep. Jy kan dit op Showmax kyk, not to worry!

Lees ook ons uiteensetting van die sleutelkarakters van die reeks sodat jy kop by draakstert kan hou… Daar is wraggies baie karakters á la Game of Thrones.

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 22 Augustus om 03:00 (Express from the US-uitsending) met ’n herhaling om 21:30. Ook op DStv Online en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies