Menu terloops

Home Economics S1

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Apr 2023]


‘Home Economics’ bied ’n realistiese – en humoristiese – blik op die verhouding tussen drie sibbe wat elkeen in ’n ander inkomstegroep val. Nou op Showmax.

Kyk nou

Home Economics S1
Kyk lokprent

Home Economics is ’n blik op die soms hartverwarmende, soms frustrerende, soms ongemaklike verhouding tussen drie sibbe wat elk in ’n ander inkomstegroep val. Terwyl die een sukkel om kop bo water te hou, is een middelklas en die ander een stinkryk. 

Emmy-wenner Topher Grace speel Tom, ’n gesinsman en sukkelende skrywer. Jimmy Tatro vertolk op sy beurt die superryk jongste broer, Connor. Caitlin McGee is Sarah, die middelkind en ’n terapeut wat skaars genoeg verdien om haar twee aangenome kinders te voed.

Die eerste seisoen het ’n punt van 82% op Rotten Tomatoes. TVLine skryf: “Dit is soms moeilik om oor geld te praat, maar Home Economics vind ’n manier om dit amper pret te maak. 

Die tweede en derde seisoene van Home Economics is ook reeds in Amerika uitgesaai. Binge solank die eerste seisoen vanaf Donderdag, 27 April 2023 op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies