Menu terloops
In How-to's [19 Mei 2022]

Hoe werk Disney+ op DStv?


Iets wat jy oor Disney+ wil weet? Dié handige gids is net wat jy nodig het.

Hoe werk Disney+ op DStv?

Met Disney+ uiteindelik in Suid-Afrika beskikbaar – onder meer via DStv – is duisende flieks en TV-reekse tot kykers se kiesopsies gevoeg. Daaronder tel ál 33 seisoene van die ikoniese animasiereeks The Simpsons, die volledige Star Wars-pakket, die sogenaamde “Disney-kluis” met al hul animasie classics, asook die volledige National Geographic-katalogus. Dan is daar nog Marvel-reekse en -flieks, waaronder die nuwe reeks Moon Knight met Oscar Isaac en Ethan Hawke. 

Die nitty-gritty

Disney+ is aanlyn beskikbaar, en ook deur verskeie gekoppelde toestelle, waarvan die DStv Explora Ultra-dekodeerder ’n opsie vir DStv-intekenare is. 

Die ooreenkoms tussen DStv en Disney laat toe dat DStv-intekenare toegang tot al die programme en flieks op Disney+ met hul dekodeerder kan kry.

Vier gelyktydige streams word toegelaat – met ander woorde, Disney+ kan op vier toestelle terselfdertyd gekyk word. Intekenare het ook toegang tot onbeperkte downloads op tot tien toestelle. ’n Maksimum van sewe verskillende profiele kan op een intekening gelaai word. Kinderprofiele kan ook opgestel word. 

Hoeveel kos dit?

Dit is beskikbaar teen R119 per maand of R1190 vir ’n jaarlikse intekening.

Daar is egter ook spesiale DStv-pakkette wat afslag bied as jy dit met jou DStv-intekening kombineer:

  • DStv Premium + Disney+ = R909 per maand
  • DStv Compact Plus + Disney+ = R619 per maand
  • DStv Compact + Disney+ = R499 per maand

Indien ek op Disney+ op my Explora Ultra inteken, sal ek Disney+ net op my TV kan kyk?

Nee, wanneer jy inteken op die Explora Utra, kry jy toegang tot Disney+ net soos wat jy sou kry indien jy op hulle webblad ingeteken het. Jy kan dit dus ook op jou foon, tablet, TV, of rekenaar kyk.

Het ek toegang tot die internet nodig om Disney+ op DStv te kyk?

Ja. Dit is ’n streaming platform wat beteken dat jy die internet nodig het. Die Explora Ultra het ingeboude wi-fi wat dit maklik maak om dit aan jou internet te koppel.

Die ideaal is natuurlik ’n uncapped konneksie met spoed-aanbevelings as volg: 

  • ’n minimum van 2Mbps om SD af te laai;
  • ’n minimum van 4Mbps vir SD stroming;
  • ’n minimum van van 10Mbps vir HD stroming (plus ’n konneksie tot ’n hoë-definisie TV).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies