Menu terloops
In Gons [9 Apr 2025]

Kyk nou: Lokprent vir dokkiereeks wat Helderberg-ramp probeer ontsyfer


Ná amper vier dekades heers daar steeds tergende vrae oor wat presies tot die Helderberg-lugramp gelei het. ’n Nuwe dokumentêre reeks, wat in Mei op M-Net begin, probeer dié raaisel oplos.

Kyk nou: Lokprent vir dokkiereeks wat Helderberg-ramp probeer ontsyfer
Kyk lokprent

Op 28 November 1987, kort ná middernag, het die SAL Helderberg, ’n Boeing 747-244 B Combi, in die see aan die kus van Mauritius neergestort. Die vlug was van Taipei na Johannesburg onderweg voordat dit in vlamme uitgebars, in stukke opgebreek, neergestort, en die lewens van al 159 mense aan boord geëis het.

Nagenoeg vier dekades sedert dié tragedie stel die skeppers van die driedelige dokumentêre reeks, Helderberg, ondersoek na die oorsaak van die ongeluk in – ’n raaisel wat niemand nog met 100% sekerheid kon oplos nie. Die dokkiereeks se lokprent is vandeesweek vrygestel. Dit wys onder meer hoe owerhede na die vlugopnemers gesoek het, die internasionale ondersoek wat gevolg het, die meervuldige teorieë wat onder lugvaartkenners ontstaan het, en ’n beweerde bekentenis. Nog niks of niemand kon egter onmiskenlike antwoorde lewer nie. 

Helderberg se drie episodes delf dieper na veral die agtergrondkonteks van die ramp en die tydstip waarin dit plaasgevind het.

Daar is onderhoude met kenners soos die forensiese wetenskaplike dr. David Klatzow, asook die joernalis Herman Jansen. Ook die burgerlugvaartowerheid se voormalige hoofondersoekbeampte, Rennie van Zyl, en die voormalige grootbaas van SAL, Gert van der Veer, lewer insigte. Daar word ook met eertydse Krygkor-werknemers, asook familie van die slagoffers, gepraat.

Helderberg

Helderberg se drie episodes saai vanaf Donderdag, 15 Mei 2025, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies