Menu terloops

Hartklop S1

Op DStv [Gepubliseer op 18 Jul 2023]


‘Hartklop’ is kykNET se nuwe, Afrikaanse hospitaaldrama en spog met ’n indrukwekkende rolverdeling wat spelers soos Marlee van der Merwe en Christel van den Bergh insluit. Nou op DStv.

Kyk nou

Hartklop S1
Kyk lokprent

Met Hartklop, kykNET se nuwe hospitaaldrama, is daar ’n Afrikaanse Grey’s Anatomy op hande.

Dié reeks het ’n sterk rolverdeling – ons praat hier van akteurs soos Jacques Bessenger, Leandie du Randt, Dawid Minnaar en Simoné Pretorius – met storielyne wat op ware gebeure gegrond is.

Die reeks speel af in ’n staatsopleidingshospitaal met die harde realiteit van die vele tekortkominge en uitdagings waaronder só ’n hospitaal en sy personeel gebuk gaan wat as ’n deurlopende tema dien. Dít terwyl kykers ook by die dramas wat in die dokters en verpleegpersoneel se persoonlike lewens uitspeel, betrek word – insluitend natuurlik riskante romanse, geraamtes wat uit die kas tuimel en families wat tuis aan die kortste ent trek.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf met Harold Hölscher (Ludik) en Christo Davids (Spoorloos) as regisseurs. Lees meer hier oor die akteurs en karakters in die reeks.


Hartklop begin op Dinsdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies