Menu terloops

Halo

Op Showmax [Gepubliseer op 25 Mar 2022]


Die lang verwagte TV-weergawe van die eerstepersoon-videospeletjie, ‘Halo’, is nou op Showmax.

Kyk nou

Halo
Kyk lokprent

Hoewel jy dalk (lees: definitief) gaan sukkel om kop of stert van die TV-weergawe van Halo uit te maak as jy nie met die speletjie vertroud is nie, is daar wel ook verskille tussen die twee uittogte. Die belangrikste hiervan: die TV-weergawe het sy eie tydlyn. Dit staan dus los van die oorspronklike speletjie en al dié se suksesvolle spin-offs. So, hou moed! As dit jou eerste bekendstelling aan Master Chief en sy soldaatbende is, sal kophou – en uithou – wél vrugte werp.

Op die planeet Madrigal, ’n woestynwêreld in die grootse ruim, veg mense vir onafhanklikheid van die Aarde en die regerende United Nations Space Command (UNSC). Maar dan word die planeet en sy rebelle deur ’n uitheemse mag bekend as die Covenant binnegeval. Die UNSC se supersoldate, die Spartans, daag té laat op. Hoof van die Spartans, Master Chief, en sy troepe wis wel die drie meter lange moordende monsters uit… Maar nie vinnig genoeg nie. Daar is slegs een oorlewende: ’n tienermeisie, Kwan Ha (vertolk deur die 21-jarige Yerin Ha). Sy word egter gevangene geneem, pas nadat sy almal en alles verloor het.

Halo het ’n louwarm punt van 70% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, maar die konsensus is nietemin hoopvol oor dié vertelling se toekoms.

Op Showmax vanaf 25 Maart 2022.

Lees André-Pierre du Plessis se resensie hier.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies