Menu terloops

Hacks S1-2

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 12 Aug 2022]


Die aktrise Jean Smart lewer ’n absolute briljante vertolking in ‘Hacks’. Die tweede seisoen is nou op DStv, terwyl die eerste seisoen reeds op Showmax is.

Kyk nou

Hacks S1-2
Kyk lokprent

In Hacks loop Deborah Vance (Jean Smart, Mare of Easttown) die gevaar om haar werk as komediant by ’n teater in Las Vegas te verloor. Intussen is ’n 25-jarige komedieskrywer in Los Angeles op soek na werk. Dit lyk of hulle elkeen kan doen met die ander se hulp, maar Deborah is skepties oor die jong skrywer.

Hul werksverhouding begin met ’n onkonvensionele reis waar Deborah kyk of Ava (Hannah Einbinder) alles sal doen wat sy vra. As sy haar daarmee kan vertrou, kan sy haar seker vertrou om vir haar nuwe materiaal te skryf?

Rozanne Els skryf: “Dis haas onmoontlik om nie Hacks te geniet nie. Die skryfwerk en storielyn is bytend slim en snaaks. Die vertelling word boonop met briljante spel deur Smart en Einbinder verhef. Die eerste seisoen is vir ’n allemintige 15 Emmy-toekennings benoem, met Smart wat onder andere vir haar karakterwerk as ’n legendariese Las Vegas-komediant gewen het. In die tweede seisoen ontwikkel die komplekse verhouding tussen Deborah en Ava verder as hulle Deborah se nuwe stand-up show op toer neem.” 

The Atlantic het geskryf: “Hacks is uitstekend in die manier waarop dit kyk na dekades se komedie op TV.”

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 12 Augustus, om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.  Die eerste seisoen is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies