Menu terloops

Grand Crew S1

Op Showmax [Gepubliseer op 9 Mar 2022]


‘Grand Crew’, nou op Showmax, is ’n nuwe komedie uit die pen van Phil Augusta Jackson, bekend vir sy werk op die bekroonde reeks, ‘Insecure’.

Kyk nou

Grand Crew S1
Kyk lokprent

Met ’n glas wyn in die hand, los Grand Crew se vriendekring mekaar se probleme een vir een op.

Phil Augusta Jackson (Brooklyn Nine-Nine, Insecure) se nuwe TV-reeks, Grand Crew, volg ’n groep Swart jong volwassenes wat by hul gunsteling-kroeg bymekaarkom. Daar deel hulle mekaar se op- en afdraandes van die lewe en liefde in Los Angeles. Ja, dis baie Cheers-esque, en, soos met Cheers, is dit maklik om van die lieflike rolverdeling te hou. Sommer gou-gou word jy by die “drama-van-die-dag” meegesleur.

Die driedubbele Emmy-benoemde Nicole Byer (A Black Lady Sketch Show) en Echo Kellum is onmiddellikke gunstelinge. 

Soos The Mary Sue sê, “Dié whip-smart komedie is een van die beste nuwe sitkoms op televisie… Tydens die pandemie het baie kykers na hul gunsteling-troosprogramme, soos The Office en Friends, teruggekeer. Grand Crew is ’n welkome nuwe toetrede tot dié genre, en is hopelik op pad om ’n nuwe classic te word. So sit terug, kry ’n glas wyn, en ontmoet jou nuwe vriende.”

Binge vanaf 9 Maart op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies