Menu terloops

Good Omens S1-2

Op Ander [Gepubliseer op 28 Jul 2023]


In die reeks ‘Good Omens’, nou op Prime Video, brei die storievertellers uit op die verhaal wat op Terry Pratchett en Neil Gaiman se gelyknamige topverkoperboek gegrond is.

Good Omens S1-2
Kyk lokprent

Dit is vier jaar sedert Good Omens se eerste seisoen sy debuut gemaak en die akteurs Michael Sheen en David Tennant kykers én kritici mateloos beïndruk het. In die tweede seisoen van Good Omens, brei die storievertellers uit op die verhaal wat op Terry Pratchett en Neil Gaiman se gelyknamige topverkoperboek gegrond is.

In die nuutste aflewering van die TV-vertelling is daar dus ’n groter fokus op die vriendskap tussen Aziraphale (Sheen), ’n vol fiemies engel en seldsame boekhandelaar, en Crowley (Tennant), ’n demoon. 

David Tennant (Crowley) en Michael Sheen (Aziraphale) vertolk die hoofrolle in Good Omens. Foto: Verskaf/Prime Video

Ná afloop van die eerste seisoen se gebeure – met die Apokalips (vir eers) verydel, keer die onwaarskynlik duo terug na hul lekker – en menslike – bestaan in Londen. Dis nou totdat die engel Gabriël (Jon Hamm) onverwags, en sonder enige idee van wie hy is of hy daar gekom het, op Aziraphale se drumpel beland. Crowley kry dadelik snuf in die neus – hoe en hoekom het Gabriël dan nou by hulle opgeëindig? En nogal met geheueverlies. Aziraphale is egter gretig om dié raaisel op te los. Dit sukkel egter nogal om Gabriël intussen vir beide die hemel én die hel weg te steek weg te steek.

Die eerste seisoen het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met Vulture se Keith Phipps wat die twee hoofspelers loof.

Good Omens kan net werk met die regte hoofspelers, so cheers aan Sheen en Tennant, twee akteurs wat weet hoe om ’n driegangmaaltyd uit onbeduidende en universele verspotlikheid te maak.” 

Ook in die rolverdeling tel onder andere Miranda Richardson (The Crying Game), Maggie Service (Doctor Who) en Liz Carr (Silent Witness).


Vanaf Vrydag 28 Julie 2023 op Prime Video. Die eerste seisoen is ook op Prime Video beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies