Menu terloops

Glasshouse

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘Glasshouse’ is die eerste van ’n driedelige post-apokaliptiese verhaal deur Showmax oor ’n virus wat dimensie onder die mensdom veroorsaak.

Kyk nou

Glasshouse
Kyk lokprent

Glasshouse speel af nadat The Shred, ’n virus wat demensie veroorsaak, die mensdom laat rondswerf soos diere wat niks uit hul verlede kan onthou nie – nie eens wie hulle is nie.

Midde dié krisis, skuil ’n gesin in ’n lugdigte glashuis, maar as ’n vreemdeling opdaag, word hul lewens omgedolwe. 

Glasshouse het verskeie vyfsterresensies en ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes ontvang.

Film Threat se Lorry Kitka het selfs die fliek as haar “gunsteling film van die jaar tot dusver” vir 2021 uitgesonder.

Glasshouse is die eerste van ’n driedelige post-apokaliptiese verhaal wat deur Showmax met Local Motion Pictures, en in samewerking met Crave Pictures, vervaardig is.  

Onder die rolverdeling tel die plaaslike sterre Anja Taljaard (Double Echo), Hilton Pelser (Moffie, The Kissing Booth) en die Britse akteur en model Jessica Alexander.

Stroom vanaf 7 Februarie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies