Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.
MeerDie tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
MeerDie skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerAline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.
MeerYou can’t teach an old dog new tricks! En dit kom ’n mens baie vinnig agter hierdie week wanneer ’n paar “gereformeerde” skurke op ou maniere terugval…Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek op kykers wag.
MeerJandré le Roux, bekend vir sy rolle in die romkom 'Gebokste Liefde' en Netflix se 'Ludik' maak volgende week sy opwagting in 'Skemergrond'. En daar is beslis een karakter wat nie gaande oor sy verskyning is nie...
MeerOu gesigte veroorsaak groot spanning in ‘Skemergrond’ en ‘Suidooster’, terwyl ’n nuwe gesig een dokter se hart ’n bietjie vinniger laat klop in ‘Binnelanders’. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek op kykers wag.
MeerToe die gordyn op 'Arendsvlei' sak, was Roberto Kyle reeds in gesprek met die 'Binnelanders'-span, en kort daarna het hy die rol van dr. Joe Olivier losgeslaan. Die akteur het met Tarren-Lee Habelgaarn oor dié kruispad gesels.
MeerOor die jare het kykers al kennis gemaak met heelwat onvergeetlike TV-skurke. Maar sedert 'Skemergrond' begin het, is daar ’n nuwe naam wat opkom as ons van sepieskurke praat: Christine.
MeerEen verhouding vat vlam, twee misluk en ’n ou gesig laat die monde oophang. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op kykers wag.
MeerKykers se harte is geroer in Donderdag, 5 Junie se episode van die kykNET-telenovela 'Diepe Waters' toe Pam (Tracey-Lee Oliver) en Siseko (Chumani Pan) vir mekaar die ja-woord in ’n pragtige seremonie gegee het.
MeerWat wag op 'Skemergrond'-kykers in Junie? Dié telenovela gaan in die komende weke almal aan die raai hou. Hier is vyf gebeure wat die Gemoedsdrif-inwoners vandeesmaand gaan ruk.
MeerDie skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerAline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.
Meer’n Troue, ’n losprys en ’n ongenooide kuiergas sorg vir die grootste drama hierdie week. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die kinkels wat vandeesweek uitspeel.
MeerJunie se episodes van ‘Diepe Waters’ is propvol draaie wat jy beslis nie gaan sien kom nie…
MeerBridgette en Nazeem stamp (weer) koppe en Kaashifa se terugkeer lei tot spanning. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Junie kan uitsien.
MeerDie opwinding – en spanning – loop hoog oor Pam en Siseko se troue, Nina en Juvan se jong liefde kry die wind van voor, en iemand loods ’n smeerveldtog teen Gys. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.
MeerRuan en Lily se verhouding verdiep terwyl Christine se nimmereindigende wraaktog teen die Louws voortduur. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Junie kan uitsien.
MeerGroot gebeure sorg vir groot drama. Dubbel die druk en dubbel die teleurstelling is ’n realiteit vir inwoners van Gemoedsdrift in ‘Skemergrond’ en Ruiterbosch in ‘Suidooster’. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op kykers wag.
MeerWie is die staatsaanklaer wat so naarstig vasberade is om uit te vind wie werklik vir Willem (Deon Lotz) in 'Skemergrond' vermoor het? Die aktrise Ronel Stander vertel meer oor haar karakter, die vurige Samantha Stone, wat vandeesweek in dié telenovela jag maak.
MeerKyk, ons weet as Christine (Devonecia Swartz) betrokke is, kom daar moeilikheid in 'Skemergrond'. Maar in ’n nuwe storielyn wat besig is om te ontvou, is dit veral Tyler (Ruben Engel) wat die spanningsdrade stywer draai.
MeerOu liefde blom vir drie van Ruiterbosch se inwoners, terwyl twee van Gemoedsdrift vir hul sondes moet boet en een gesin in Boskruin uitmekaar gedryf word. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek wag.
Meer'Skemergrond' se Khadija Heeger is ’n aktrise wat al baie lewens geleef het, diep liefgehad het, dapper geveg het en steeds bly groei, op en agter die skerm. Sy het met Tarren-Lee Habelgaarn gesels.
MeerDie tronk en ’n oranje pakkie lyk asof dit beslis op twee Gemoedsdrift-inwoners se bingo-kaartjies vir 2025 is, terwyl ’n Ruiterbosch-inwoner moontlik ’n noodlottige diagnose ontvang. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek wag.
MeerOf hulle nou tough love uitdeel, inmeng in hul kinders se verhoudings, of hul kroos ten alle koste wil beskerm, dié 11 moeders en moederfigure is die hart (en drama) van ons sepies en telenovelas.
MeerRachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerEen ma begrawe die strydbyl, terwyl ’n ander nog meer van haar kind vervreem word… Soms is ’n ma se liefde net nie genoeg nie. En ongelukkig kan dieselfde van vriende gesê word. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek gaan ontvou.
Meer