Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.
MeerDie tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
MeerDie skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerAline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.
MeerElisabeth Moss lewer wéér een van die beste karaktervertolkings op televisie in hierdie laaste uittog van die ontnugterende dramareeks 'The Handmaid's Tale'.
MeerVyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey) neem die tweede seisoen van die aangrypende oorlewingsage, ‘The Last of Us’, vir kykers op ’n kragtoer wat die mensdom se verwoestende siklusse van geweld, weerwraak en verwronge geregtigheid op die voorgrond plaas.
MeerWat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
MeerZoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom.
MeerWat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
MeerIn 1966 is die jong Issie Fourie en Petro Nel in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor. Issie se broer, André, het gesweer om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry. Dit sou hom 18 jaar neem. En nou is dié meevoerende, tragiese storie in ’n TV-reeks – 'Niggies' – omskep.
MeerOp DStv
Op DStv
'Die Byl' is geskoei op die ware loopbaan van bekendste speurder, Piet Byleveld. Die vyfde seisoen stroom nou op kykNET.
Meer‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.
MeerDit is nie die eerste keer wat akteur Brendon Daniels in die skoene van ’n polisieman klim nie, maar Forty Bell is steeds wêrelde anders as al dié vorige karakters, en vertolk met ’n dringendheid wat kykers by die tergende raaisels van die misdaadreeks, 'White Lies', intrek. Hy vertel meer oor die reeks wat nou op Showmax beskikbaar is.
MeerDie lokprent vir die sesde seisoen van die senutergende misdaadrillerreeks ‘Die Byl’ wys presies hoekom dit só gewild onder kykers is – én amptelik die dramareeks met die meeste seisoene in kykNET se geskiedenis is.
MeerVan 'Rosemary's Hitlist' en 'Boetie Boer' tot 'Die Byl' en 'Dr. Death'... En nou ook die onthutsende 'The Station Strangler': dié TV-programme sal jou nekhare laat rys.
Meer’n Loopbaanbeste vertolking deur Marion Holm is net een van die fasette wat van Etienne Fourie se nuwe Afrikaanse reeks, 'Trompoppie', ’n besonderse en veelvlakkige kykervaring maak. Dié Showmax-reeks word nou ook weekliks op kykNET uitgesaai.
MeerDie regisseur van 'Devil’s Peak', Jozua Malherbe, is vasbeslote om ʼn eg-Suid-Afrikaanse identiteit met plaaslike reekse en flieks te ontgin en te ontwikkel en om saam met sy tydgenote in die bedryf, ʼn unieke stem vir plaaslike projekte te laat ontwikkel wat internasionaal herkenbaar is. 'Devil's Peak', wat aanvanklik op M-Net uitgesaai is, is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.
MeerVanjaar is 14 kortfilms en vier dokumentêre kortes vir die Silwerskermfees geskep. Die derde sarsie stories uit dié kreatiewe oes word hierdie Saterdagaand, 21 September 2024, op kykNET uitgesaai.
MeerDie kykNET-sepies ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’, Mzansi Magic se ‘Shaka Ilembe’ en Showmax se ‘Rosemary’s Hitlist’, ‘Outlaws’, ‘Dam S2’ en ‘Spinners’ tel onder vanjaar se top-benoemdes vir Safta-toekennings.
MeerIntimiteitskoördinering is die nuutste beroep in die televisie- en rolprentbedryf en die bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur Sara Blecher doen plaaslik en internasionaal baanbrekerswerk op dié gebied. Sy het met Riëtte van der Wat gesels.
Meer'Presumed Innocent', ’n nuwe misdaadreeks op Apple TV+ met Jake Gyllenhaal in die hoofrol, is ’n rit deur troebel waters van geregtigheid en verraad – ’n rit wat jy eerder nie moet misloop nie.
MeerDie regisseur en draaiboekskrywer Dewet van Rooyen vertel meer oor 'Die skynwerper', ’n sielkundige riller met ’n rolverdeling wat Dawid Minnaar, Antoinette Kellermann en Ben Albertyn insluit. Dié kortprent maak sy debuut in Augustus by vanjaar se Silwerskermfees.
MeerWat om te kyk: Die finale seisoen van die Netflix-treffer ‘Elite’, ’n manjifieke Kate Winslet in ‘The Regime’ en ’n troos-robot in ‘Sunny’ tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
MeerWat om te kyk: Daar is heelwat ander meesleurende polisie- en misdaadreekse om te stroom – hier is ons keur van die huidige bestes.
MeerEen man. Een missie. Een teiken. Dis aksie-satisfaksie al die pad in die lokprent vir die plaaslike fliek, ‘Heart of the Hunter’, wat op die bekroonde skrywer Deon Meyer se gelyknamige boek gegrond is.
MeerAs die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit bewyse ontdek wat daarop dui dat haar man ’n buite-egtelike verhouding het met ’n ontkleedanser, ene Candi Floss, neem haar ondersoek haar na ’n wêreld wat hemelsbreed verskil van die voorstedelike gewoonheid wat sy ken. Ons gesels met Cindy Swanepoel oor dié loopbaanbeste vertolking.
MeerDie Britse aktrise Charlotte Hope, veral bekend vir haar rol in die epiese fantasiereeks 'Game of Thrones', vertel aan Rozanne Els dat haar rol as die reeksmoordernaar-profiler Micki Pistorius in die Showmax-misdaadreeks ‘Catch Me a Killer’ sekerlik een van die mees bevredigende ervarings van haar loopbaan nog was.
MeerWat om te kyk: ’n Besonderse dokkie oor die legendariese sokkerenigma, Lionel Messi; ’n reeks oor hoe moderne mode tydens die Tweede Wêreldoorlog gestalte gevind het; en die nuwe Showmax se propvol kykspyskaart wat ikoniese reekse soos ‘The Office’ en ‘Parks & Recreation’ insluit – hier is ons keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
Meer