Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.
Meer
Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.
Meer
Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.
Meer
Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk.
Meer
Die oënskynlike vreedsaamheid wat tot nou toe in die maatsoekreeks ‘Op my eish!’ geheers het, gaan heel waarskynlik nie meer lank duur nie… veral nie ná dáái soen nie!
Meer
Die 17de seisoen van die maatsoekreeks 'Boer soek ’n Vrou', wat verlede jaar op kykNET uitgesaai is en kykers week ná week vasgenael voor die kassie gehou het, is nou op Showmax beskikbaar.
Meer
Kykers moet nog amper ses maande wag om te sien hoe Reandi Grey die plaaspaaie in in ’n Toyota Hiliux vir die 18de seisoen van 'Boer soek ’n Vrou' aandurf, maar dit is duidelik dat aanhangers reeds die slapies aftel na die begin van dié gewilde kykNET-maatsoekreeks.
Meer
Kuite, boude en spiere het ’n groot rol gespeel in vandeesweek se episode van 'Op my eish!'...
Meer
‘Die girls kan nogal soos honger leeus lyk wat op hul prooi wil spring…’ Jip, dit is omtrent hoe dinge in die afgelope episode van ‘Op my eish!’, waarin die voormalige Ruan Smith ’n liefie soek, uitgespeel het.
Meer
In die vierde seisoen van kykNET se gewilde maatsoekreeks ‘Op my eish!’ is dit Ruan Smith wat na ware liefde soek. En die reeks se vorige alleenlopers het raad…
Meer
'Kokkedoor: Son & see' se topprys was nou nie Andrew en Leoné beskore nie, maar vir dié pa-en-dogter-span was die ervaring self goud werd.
Meer
Ontmoet die 16 vroue wat die oudrugbyspeler Ruan Smith vir die vierde seisoen van die kykNET-reeks ‘Op my eish!’ gekies het.
Meer
Verlief? Verloof? Vergete? So gaan dit met boere Evert, Rudi, Willie, Pieter en Rudi H nadat hulle aan 'Boer soek ’n vrou' deelgeneem het.
Meer
Nes 'Kokkedoor: Son & see' se deelnemers, kon kykers ook baie kombuis-wysheid inneem soos die seisoen uitgespeel het. Ons het nagenoeg 30 van die beste wenke saamgevat.
Meer
Ongelukkig het die uurglas nou leeggeloop vir die eerste seisoen van 'Kokkedoor: Son & see' se lieflike kosreis.
Meer
In die finale episode van ‘Kokkedoor: Son & see’ was albei spanne se nerwe behoorlik aan flenters, maar aan moed en geesdrif het daar niks geskort nie – ook nie toe hulle besef elke span moet vir 25 gaste bederfkos voorsit nie. Maar daar kon net een wenspan wees: Hanna van der Westhuizen en haar seun, Dirk!
Meer
Week ná week het ‘Kokkedoor: Son & see’-kykers saam met die spanne die sweet afgevee ná elke fenomenale uitdaging. En natuurlik saam ook ’n traan of twee gestort wanneer daardie gesogte voorskote finaal opgehang moes word. Ons kyk terug voordat die laaste episode vandeesweek uitgesaai word.
Meer
’n Uitmergelende uitdaging het die oorblywende drie spanne op die proef gestel in vandeesweek se episode van ‘Kokkedoor: Son & see’.
Meer
Die einde is in sig, maar eers moes die oorblywende drie spanne een van die uitmergelendste uitdagings nog afhandel. En dit was Caroline Linde en haar dogter, Anél van Niekerk, wat ongelukkig nie die mas kon opkom nie. Dié ma-en-dogter-span vertel oor hul tyd saam agter die kospotte op ‘Kokkedoor: Son & see’.
Meer
Soutterte en ’n sewelaag-slaai was op vandeesweek se spyskaart vir die oorblywende vier spanne in ‘Kokkedoor: Son & see’.
Meer
Daar is altyd ’n span wat moet groet en dit raak al moeiliker soos die tyd aanstap en die ‘Kokkedoor’-kameraderie al sterker word. Dié week was dit Shireen Kadalie en haar seun, RJ, wat moes groet. Dié ma-en-seun-span vertel meer oor hul ervaring op 'Kokkedoor: Son & see'.
Meer
Hy's ’n man van vele talente, maar vir sy kookvernuf is hy nou nie juis bekend nie –en presies daarom het Hannes van Wyk se 'Kokkedoor: Son & see'-besoek die spanne onkant gevang...
Meer
In vandeesweek se episode van 'Kokkedoor: Son & see' moes die vyf oorblywende spanne nuwe feesvlerke aan koekstruif (trifle) gee.
Meer
Pannekoeke en eenskottelgeregte was op vandeesweek se spyskaart vir die oorblywende ses spanne in ‘Kokkedoor: Son & see’.
Meer
Eers het hul pannekoeke geflop en toe kom hulle die flaters van alle flaters in die kombuis oor – hul hoender was nog rou… Maar hulle het elke oomblik op die stel van ‘Kokkedoor: Son & see’ terdeë geniet, sê die pa-en-dogter-span Frans en Una-Belle van Wyk: “Dankie aan julle wat ons lewe so vol gemaak het.”
Meer
In die derde episode van 'Kokkedoor: Son & see' moes die oorblywende sewe spanne die braaivleisvure aansteek en wys hoe hulle met ’n steak kan toor.
Meer
“Wanneer dinge in die kombuis warm geraak het, het my pa my net met daai blik van hom aangekyk, en dan wéét ek: ‘Hou kop, moenie stres nie'," vertel Stefvan oor sy 'Kokkedoor: Son & see'-ervaring saam met sy pa, Anton, nadat dié span in vandeesweek se episode hul voorskote moes ophang.
Meer
Die gasbeoordelaar vir vandeesweek se episode van 'Kokkedoor: Son & see' weet maar al te goed hoe warm dit werklik in die Kokkedoor-stoor kán word, al was hy destyds net ’n skrale 13-jarige oue knapie met ’n groot liefde vir die kombuis. Jip, Edwin Theron van ‘Kokkedoortjie’ kom kuier!
Meer