Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.
Meer
Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.
Meer
Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.
Meer
Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.
Meer
Die gesinsdrama 'Beter as gister' roer met diep menslike stories wat eerlik en aangrypend vertel word. Die akteur Elton Landrew gesels oor dié reeks en sy karakter, Tariq Cupido.
Meer
Van die première van die hartverwarmende 'My f*k, Marelize!' tot 'Tussen hemel en aarde', die aangrypende dokumentêre verhaal van ’n gesin se tragiese verlies – vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf.
Meer
Nico Scheepers se aangrypende TV-drama 'Nêrens, Noord-Kaap', asook sy ontnugterende sielkundige gruwelprent 'Hen', het met die louere weggestap op vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.
Meer
Die eerste sarsie van die Silwerskermtoekennings vir Film en TV vind Saterdagoggend plaas en die benoemdes vir onder meer die kort- en dokumentêre filmkategorieë is nou bekend.
Meer
Die Silwerskermfees se laaste dag begin met waarlik besonderse dokumentêr 'Felix by die koppie' en sluit af met Brett Michael Innes se stoutlekker-komedie, 'Khaki Fever'.
Meer
Die tweede dag van die fees begin met twee uiteenlopende kortprente – wat die bekroonde aktrise Cindy Swanepoel se debuut as regisseur insluit – en sluit af met Nico Scheepers se onheilspellende drama, 'Hen'.
Meer
Die 13de kykNET Silwerskermfees begin vandag met ’n topklas-skedule wat twee plaaslike speelfilms – die internasionaal bekroonde 'Carissa', asook die lang verwagte 'My f*k, Marelize!' – insluit.
Meer
Felix Dlangamandla se ervaring as fotojoernalis van die Marikana-slagting is die fokus van die aangrypende dokumentêr, 'Felix by die koppie'.
Meer
Die kortfilm 'Min of Meer' – oor ’n vrou wat soos ’n meermin leef en nooit haar meerminstert uittrek nie – is die aktrise Cindy Swanepoel se debuut as regisseur, met Anél Wood wat die draaiboek geskryf het.
Meer
Jordy Sank, bekend vir sy dokumentêre rolprent 'I Am Here' en sy debuut-speelfilm 'Die Kwiksilwers', vertel meer oor hoe die diep ontroerende film 'Amazeze' tot stand gekom het.
Meer
In 'Alma op pad' vertel regisseur en draaiboekskrywer Jana-Marie Hey ’n grootwordverhaal wat geïnspireer is deur ’n ware familie-sloertoer. Sy vertel meer oor die film wat binnekort by die Silwerskermfees première.
Meer
Met die eksperimentele kortfilm Engel voeg die gesoute filmmaker Jozua Malherbe ('Griekwastad', 'Devil's Peak') ’n verhaal oor liefde en leed – en álles wat méns is tussenin – tot sy gerekende oeuvre.
Meer
In die kortfilm 'Hier' lewer die regisseur en draaiboekskrywer Robert dos Santos ’n intieme verhaal waarin die grense van tyd verbuig word en die visuele skouspelagtig lyk.
Meer
Die rou dokumentêr, 'GHAM! Ons het lyn' bied ’n intieme kykie in die wêreld van Die Temple Boys: Chadley Dick, Dylin Adams, Terriano Duimpies en Ronin Johannes.
Meer
Met die kortfilm, 'Totsiens, Selina', bring regisseur Lourensa Eckard, tesame met die vervaardiger Wynette Theart, hulde aan ’n vrou wat ’n vormende invloed op haar lewe gehad het.
Meer
Lucian Geland (Braeden Buys) behaal oplaas sukses as skrywer met sy debuut-niefiksieboek wat ’n treffer is. Die vangplek? Dit is ’n ongenaakbare alles-onthullende boek oor sy familie... Skrywer-regisseur Stevie Cupido vertel meer oor hoe dié storie vorm aangeneem het.
Meer
In die jong filmmaker Winford Collings se nuutste projek, die kortfilm 'Melkbrood', word die brose verhouding tussen ’n ma en dogter teen die agtergrond van die Karoo-landskap ondersoek.
Meer
Met die gevierde aktrise June van Merch in die rol van Tannie Sonja, verweef die kortprent 'Die Superette' spanning, skerp humor en sosiale kommentaar in ’n verhaal wat fokus op die dapperheid van ’n gemeenskap en hul stille verset.
Meer
In 'ARK' is twee uitverkore Afrikaanse jongmense, Noa (Ben Albertyn) en Mira (Kristen Raath), op pad na Mars om die voortbestaan van ’n volk en sy erfenis te verseker.
Meer
In die afgeleë Richtersveld woed ’n stryd teen tyd en georganiseerde misdaad soos die wêreld van onwettige vetplanthandel op ’n ekologiese ramp afstuur. Die kort dokumentêr 'Vet vannie land' volg die briljante botanis Pieter van Wyk se pogings om ons land se uniekste ekosisteem teen ineenstorting te beskerm soos endemiese vetplante tot op die rand van uitsterwing gestroop en na die Ooste gesmokkel word.
Meer
Waarom bly mense in verhoudings waarin hul menswaardigheid afgetakel word en die liefde lankal reeds by die deur uitgestap het? Dit is die vraag waarmee die aktrise Karlé Briedenhann worstel in die korfilm 'Sewe'.
Meer
Hy is één stoeier in ’n gemeenskap van 46 030 mense daar in die hartland van die Vrystaat – Bothaville. Dis dan om Roger Wilters se werklik eiesoortige en roerende storie wat die kort dokumentêr, 'Bliksems in Bothaville', draai.
Meer
Om ’n storie oor genadedood te vertel, was slegs die beginpunt van skrywer-regisseur Tana Pistorius se kortfilm 'Bly'. Sy vertel meer oor dié fliek wat in Augustus op die Silwerskermfees première.
Meer
Die vervaardigers van die dokumentêre prent 'Jan Bloed', Gerrie Janse van Vuuren en Nicolaas Viljoen, neem kykers deur die strate van Westbury in Johannesburg om Alister Fortuin se tyd as lid van die Fast Guns- en Varados-bendes te herleef.
Meer