Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.
MeerDie tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
MeerDie skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerAline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.
MeerDie tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
MeerDié geliefde kat (of is dit in hierdie geval die hond?) kom weer. Die derde seisoen van ‘Magda Louw’ is eersdaags terug op die kassie op kykNET.
MeerWat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
MeerIn 'Die Kwiksilwers' onderneem vier bejaarde vriendinne ’n skreeusnaakse reis deur die Karoo om ’n meteorietstorting te beleef. Jordy Sank, regisseur en mede-draaiboekskrywer van dié Afrikaanse fliek, vertel meer oor dié speelfilm en sy ongelooflike rolverdeling.
MeerWat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
MeerOp Showmax
Op Showmax
'The Sex Lives of College Girls' gee die ervarings van vier eerstejaarstudente met vermaaklike deernis weer. Kyk dit nou op Showmax.
MeerZoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom.
MeerVan ’n swak skakel is daar nie ’n enkele een ter sprake op die nuutste seisoen van die dramareeks ‘White Lotus’ nie.
MeerVir die jare lange vriende en komediante Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck is Showmax se 'Soos Pynappel op Pizza' die eerste keer wat hulle die hoofrolle in ’n romkom vertolk. Dié duo vertel meer.
MeerWat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
Meer‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.
MeerVan 'Een keer om die son' se Donnalee Roberts en 'Suidooster' se Lauren Joseph, tot ’n in-diepte gesprek oor intimiteit op die skerm en doyenne Sandra Prinsloo oor haar geliewe Moekie in 'Koek' – ons skrywers het vanjaar met van Suid-Afrika se talentvolste kunstenaars gesels.
MeerVan ‘Barbie’ tot ‘Fuller House’ – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lange skoolvakansie as gesin saam kan kyk.
MeerOp Showmax
Op Showmax
Die Los Angeles Times het 'Based on a True Story', geskep deur Jason Bateman (Ozark) en Craig Rosenberg (The Boys), bestempel as ’n “skreeusnaakse aanklag teen die publiek se beheptheid met morbiede misdaad". Kyk albei seisoene op Showmax.
MeerOp 15 November 1999 is kykNET vir die eerste keer op DStv uitgesaai. 25 jaar later kies ons 25 kykNET-programme wat sedertdien onlosmaaklik deel van dié Afrikaanse kanaal se suksesverhaal geword het. Van 'Kwêla' tot 'Suidooster' en alles tussenin.
MeerOp Showmax
Op Showmax
Die Afrikaanse komediereeks 'Taktiek' is op die fantastiese Amerikaanse sitkom, 'Brooklyn Nine-Nine', gegrond.
MeerDis ’n goeie teken as ’n mens binne die eerste paar minute van ’n nuwe komediereeks nie kan ophou giggel nie. En as die giggel ’n lag word, sonder dat jy dit kan verhelp, nog beter. Veral as jou verwagtinge louwarm was en dit dan heeltemal binne slegs twee episodes oortref word. Die kykNET-komediereeks, 'Taktiek', is nou Showmax beskikbaar om te stroom.
MeerDit het vir Mandri Sutherland gevoel asof haar karakter in die Afrikaanse komediereeks 'Taktiek' spesiaal vir haar gewag het om haar te kom inkleur. Mandri gesels oor Mignon, die lekkerte van spanwerk, en hoekom dié rol ’n hoogtepunt is.
MeerWat om te kyk: Showmax se ware misdaad-dokumentêr, 'The Station Strangler', ’n blik op die legendariese F1-legende Ayrton Senna in die reeks 'Senna', asook die epiese 'Dune: Prophecy', wat die gebeure in die Oscarwenner-fliek sowat 10 000 jaar voorafgaan, tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
Meer'Ek het regtig myself gate uit geniet,' vertel die aktrise Lara Lourens oor haar vertolking van die 'Banana Air'-karakter Koekie Koekemoer.
MeerWat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.
MeerAanvanklik het Elani Dekker nie gedink sy sou die rol van Katrien in 'Die Bloedhonde' kon vertolk nie, maar uiteindelik sou dié hoofrol ’n lewensveranderende leerskool vir haar wees.
MeerDie kykNET-sepies ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’, Mzansi Magic se ‘Shaka Ilembe’ en Showmax se ‘Rosemary’s Hitlist’, ‘Outlaws’, ‘Dam S2’ en ‘Spinners’ tel onder vanjaar se top-benoemdes vir Safta-toekennings.
Meer’n Nuwe komediereeks uit die pen van Willie Esterhuizen, 'Banana Air', is binnekort op die kassie.
Meer