Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.
MeerDie tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
MeerDie skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerAline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.
Meer’n Slapelose nag is ’n gegewe ná ’n episode van die rillerreeks 'Die Byl'. Hier is ons lys van die godsgruwelikste reeksmoordenaars wat vir ons oor die loop van die afgelope vyf seisoene wakker gehou het.
MeerVan 'Rosemary's Hitlist' en 'Boetie Boer' tot 'Die Byl' en 'Dr. Death'... En nou ook die onthutsende 'The Station Strangler': dié TV-programme sal jou nekhare laat rys.
MeerWat om te kyk: ’n Nuwe seisoen van ‘Huisgenoot Lewensdramas’ op VIA; bloed wat loop in ‘Scream VI’ op Showmax; die naels is uit in seisoen sewe van ‘Selling Sunset’; en die fliekweergawe van die Pulitzer-bekroonde ‘All The Light We Cannot See’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.
MeerOp Netflix
Op Netflix
Met 'The Fall of the House of Usher' het die gruwelmeester Mike Flanagan weereens iets goddeloos geskep.
MeerWat om te kyk: Die nuwe seisoen van die skaterlag-lekker 'Son of a Critch' op Showmax; die gruwelmeester Mike Flanagan se nuutste reeks, 'The Fall of the House of Usher'; die dokkie '’n Gids vir Louzanne' op kykNET; en die Oscar-wenner Brie Larson in ‘Lessons in Chemistry’ op Apple TV+ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.
MeerWat om te kyk hierdie maand: Daar's die grapjasse in 'Hotel' en 'Tali's Joburg Diary'. Dan ook die aksietreffer 'Silverton Siege', die gruwelprent 'Gaia' en angsjaende in 'Donkerbos'. Vanjaar se Safta-toekennings het pas die beste stories in Suid-Afrika se vermaak-skatkis vereer en ek het die room van dié wenners by Oktober se redakteurskeuse ingesluit.
MeerWat om te kyk vandeesmaand: Die gruwel-komediereeks, ‘The Horror of Dolores Roach’; die plaaslike juweel ‘Desert Rose’; al vyf seisoene van ‘Yellowstone’ op Showmax; die tweede seisoen van die briljante ‘Somebody Somewhere’; en die spookasem-drama ‘Sweet Magnolias’, tel as die redakteurskeuse vir Julie.
MeerWat om te kyk: Die hartverskeurende dokkie 'Take Care of Maya', die derde seisoen van 'The Righteous Gemstons', die rillerreeks 'The Fear Index' en die 'Yellowstone'-prequel, '1923' tel onder ons top-keuses om hierdie week op TV en aanlyn te kyk. En daar's meer!
MeerOp Netflix
Op Netflix
Refinery29 beskryf 'Black Mirror' as " 'The Twilight Zone' vir moderne, tegnologie-behepte tye, met belangrike benaderings oor politiek en menslike natuur. Elke episode het ’n manier om onder die kyker se vel te kom."
MeerOp Showmax
Op Showmax
'Vampire Academy', gegrond op die gelyknamige boekreeks deur Richelle Mead, is deur dieselfde TV-skepper wat van 'The Vampire Diaries' ’n sukses gemaak het, na televisieformaat verwerk.
MeerOp Netflix
Op Netflix
Die TV-weergawe van 'Resident Evil' is geensins perfek nie, maar dis steeds ’n lekker kombinasie van gruwel en wetenskapsfiksie wat jy liefs nie op ’n nugter maag moet kyk nie.
MeerDie bekroonde akteur Albert Pretorius vertolk ene Denny in 'Pulse', Showmax se nuutste oorspronklike reeks, wat draai om ’n groep videospeletjieskeppers wat deur elektromagnetiese strale getref, en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word.
Meer