Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.
Meer
Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.
Meer
Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.
Meer
Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.
Meer
Die hele heerlike donker verhaal van 'Koek' se tweede seisoen – al 10 episodes – is nou op DStv Stream beskikbaar om te stroom.
Meer
In 'Koek' se tweede seisoen verras Leandie du Randt as Veronika, ’n karakter met veel meer kompleksiteit as wat haar voorkoms verklap. Sy gesels oor hoe die rol haar uitgedaag het om sonder oordeel te speel, en hoe toneelspel haar help om seer in haar eie lewe te verwerk.
Meer
In TV-skeppers René en Corné van Rooyen se nuutste familiedrama, ‘Beter as Gister’, word kykers in ’n maalkolk van uiteenlopende gesinsdinamikas – eg en resonerend – gedompel, terwyl tradisoneel aanvaarde idees van familierolle, uitgedaag word.
Meer
Met die hoogsverwagte finale episode van 'Die Oord' wat op Dinsdag, 23 Junie om 20:00 op kykNET uitgesaai word, sit kykers die laaste leidrade aanmekaar. Ná ses moorde bly een ding seker: niemand in Kalfiebaai is wie hulle voorgee om te wees nie.
Meer
Die tweede seisoen van die bekroonde misdaadkomedie 'Koek' is ná drie aflewerings in volle swang – hier is 12 interessante feite oor die reeks.
Meer
"Daar is ongelooflik baie waarde daarin om vroue op ’n meer komplekse, eerlike en menslike manier op skerm uit te beeld," vertel Eva du Preez, mede-regisseur van die bekroonde Afrikaanse misdaadkomedie 'Koek' se tweede seisoen.
Meer
Die tweede seisoen van die bekroonde Afrikaanse misdaadkomedie ‘Koek’ ontgin ’n wêreld van kontraste waarin meeslepende Machiavellisme soos room bo-op die morsige chaos van ’n vrou se alledaags geskep word.
Meer
Hoekom word pa’s aan ’n ander standaard as ma’s gemeet? Dít was die vraag wat die idee geplant het vir die nuwe dramareeks, 'Beter as Gister', wat 30 Junie op kykNET begin uitsaai.
Meer
Mag, ambisie en gevaarlike geheime bots in 'Die Toring', ’n boeiende nuwe Afrikaanse telenovela wat eersdaags op kykNET première.
Meer
Die waremisdaadreeks ‘Niggies’, is moeilike kykstof, maar word in die hande van vernuftige storievertellers ’n moet-kyk wat wys misdaad is allermins ’n nuwe verskynsel in Suid-Afrika.
Meer
Elke liewe kledingstuk, motor en mat, word deel van die hartklop van ’n reeks soos ‘Niggies’. Dié volle reeks is nou ook op Showmax beskikbaar om te stroom. Die produksie- en -kostuumontwerpers van 'Niggies', Rocco Pool en Mariechen Vosloo, vertel hoe hulle dié reeks se visuele wêreld geskep het.
Meer
‘The Madison’ is dalk storieskepper Taylor Sheridan se beste reeks nog – maar waar pas dit in die res van sy gerekende oeuvre?
Meer
Kom loer saam met ons agter die skerms op die stel van TV-skepper Christiaan Olwagen se nuwe dramareeks, Die oord, met Jana Kruger in die hoofrol.
Meer
Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.
Meer
Die Wilde Weste is nog lank nie getem nie! Daar’s ’n nuwe generasie cowboys wat ewe gemaklik op ’n perd se rug doer in die veld as agter die stuur van ’n wildewragtig-sportnutsvoertuig in die geroesmoes van New York is in ‘Yellowstone’-skepper Taylor Sheridan se nuutste reeks, ‘The Madison’.
Meer
Drama, intrige, moord – en met ’n sterbelaaide rolverdeling wat akteurs soos Erica Wessels, Jana Kruger, Amalia Uys en Jacques Bessenger insluit, blyk dit 'Die oord' gaan kykers op hul tone hou...
Meer
Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.
Meer
‘Ons voel baie passievol daaroor dat karakters en storielyne oor die vermoë beskik om gesprekke oop te breek en genesing te bring,’ vertel ‘Een keer om die son’-medeskepper en -skrywer Donnalee Roberts oor hoekom dit belangrik was om ’n verslawingstorielyn in dié seisoen in te sluit.
Meer
Sy eerste TV-rolle in 'Niggies' en 'Die Nuusmakers' het ons laat regop sit en nou is hy te sien as ’n nuwe karakter op die gewilde gesinsdrama 'Een keer om die son' se tweede seisoen. Leer ken vir Heinrich Wentzel.
Meer
Kom saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se meeslepende gesinsdrama, 'Een keer om die son', se tweede seisoen.
Meer
Die Van Wyk-familie van 'Een keer om die son' is terug vir ’n tweede omwenteling om die son. Hier is sewe redes om dit nie mis te loop nie.
Meer
“Om met die spanne, spelers, die mense agter die kameras die kreatiewe journey van hierdie ses seisoene te kon deel, was deur en deur ’n hoogtepunt van my loopbaan,” vertel die akteur Waldemar Schultz oor die ikoniese Afrikaanse speurverhaal, ‘Die Byl’. Al ses seisoene is nou uiteindelik op Showmax beskikbaar.
Meer
Die rolverdeling van die gesinsdrama ‘Een keer om die son’ sluit van skermlegendes soos Albert Maritz en Joanie Combrink tot kykergunstelinge soos Donnalee Roberts en Jacques Bessenger in, met Ivan Botha as regisseur.
Meer
Een van die grootste plaaslike TV-treffers in 2024 was die dramareeks ‘Een keer om die son’ – 2026 begin dus sommer op ’n goeie noot vir kykers met die tweede seisoen wat op 20 Januarie op kykNET begin uitsaai. Kyk nou die lokprent.
Meer