Menu terloops

Drama

10

Wat om te kyk: 10 plaaslike reekse en flieks om nou (onder jou duvet) te stroom 

Winter is die perfekte tyd om binnenshuis te bly, onder ’n kombers in te kruip en sonder skuldgevoel op “next episode” te kliek. Hier is tien plaaslike reekse en flieks wat jy nou kan kyk.

Meer
9

9 reekse wat jy nou saam met jou tieners kan kyk

Van die wonderlike Afrikaanse reekse 'Wyfie', 'Spooksoeker' en 'Trompoppie' op Showmax, tot die internasionale trefferkomedies 'Never Have I Ever' en 'Fuller House' op Netflix – hier is nege reekse wat jy saam met jou tiener (of alleen!) kan kyk.

Meer
8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

‘Die nuusmakers’: ’n Besielende blik op menslikheid

‘Die nuusmakers’, kykNET se nuwe Afrikaanse dramareeks, is ’n imponerende fiktiewe blik op die wêreld van plaaslike TV-nuusskepping wat met haas versmorende nabyskote, sekure tydsberekening, en ’n rolverdeling wat voluit speel, ’n dimensie van vergete menslikheid verlig. 

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Wie’s wie in ‘Die nuusmakers’? Ontmoet die karakters van dié Afrikaanse drama

Die stewige rolverdeling van kykNET se nuwe Afrikaanse dramareeks sluit akteurs soos Rolanda Marais, Brendan Daniels, Roeline Daneel, Arno Greeff, Lea Vivier en Kristen Raath in – om maar net enkeles uit te sonder...

Meer

Lea Vivier se Melanie saai vrees in kykNET se ‘Die nuusmakers’

Haar karakter is welbekend aan enigiemand wat al deur ’n “herstruktureringsproses” by die werk gegaan het... En ja, as Melanie Palmer, die sakebestuurder wat die lewensvatbaarheid van die ‘Nuus om 7’-span op ‘Die nuusmakers’ moet bepaal, is Lea Vivier se karakter ’n bekende paaiboelie. Sy vertel meer. 

Meer

Rolanda Marais oor hoe ‘Die nuusmakers’ haar siening van joernaliste verander het: ‘Absolute waardering vir hul werk’

Deur haar vertolking van die gesoute nuusleser Adri Joubert in die Afrikaanse dramareeks ‘Die nuusmakers’, is ’n waardering en bewondering van joernaliste in die loopgrawe van die alledaags by haar gekweek, vertel die bekroonde aktrise Rolanda Marais. 

Meer

Met ‘Juffrou X’ groet Tertius Kapp en kie ‘die olifant in die hoek’

Afrikaanse televisie is lank nie meer net slapstick-komedies en voorspelbare gesinsdramas nie. Reekse soos 'Juffrou X' gee harde realiteite weer wat baie Suid-Afrikaners in die gesig staar, terwyl dit nooit vlymskerp stories prysgee nie. Riëtte van der Wat het met vervaardiger Berdene Burger en die skrywer en regisseur Tertius Kapp hieroor gesels.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
16

Wie’s wie in ‘Juffrou X’? Ontmoet die karakters van dié Afrikaanse dramareeks op Showmax

Die rolverdeling van die grinterige Afrikaanse dramareeks, 'Juffrou X', nou op Showmax, sluit bekendes soos Trix Vivier, Bianca Flanders, Clayton Evertson en Brendan Daniels in, met die teks wat deur die bekroonde skrywer Tertius Kapp geskryf is.

Meer

‘Juffrou X’, nou op Showmax, kom ruk mens hard in die bek met ’n held vir die hier en nou

'Juffrou X' is moeilike kykstof, maar dis ʼn fantastiese en realistiese blik op ʼn donker wêreld van skoolgeweld, bendes, dwelmmisbruik – en oor ʼn enkele onderwyser wat met Wiskunde en waagmoed, haar leerlinge se lewens wil verander.

Meer

Roeline Daneel se ‘volsirkeloomblik’ as joernalis in Afrikaanse drama, ‘Die nuusmakers’

Hoewel haar rol as ’n taai TV-verslaggewer in die nuwe kykNET-dramareeks, 'Die nuusmakers', dramaties van haar vorige karakters verskil, bring dié vertolking vir die aktrise Roeline Daneel ook volsirkel meer as 15 jaar nadat sy self ’n joernalistiekstudent was.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

‘The Handmaid’s Tale’: ’n Ontroerende slot vir ’n reeks wat ons agt jaar lank aan die strot gegryp het

Elisabeth Moss lewer wéér een van die beste karaktervertolkings op televisie in hierdie laaste uittog van die ontnugterende dramareeks 'The Handmaid's Tale'.

Meer

‘Niggies’: Kristen Raath, Cintaine Schutte en nog spelers pak die 80’s aan

Met die vertelling van kykNET se meesleurende waremisdaaddrama 'Niggies' wat oor meer as 20 jaar strek, is daar vanaf die vierde episode ’n hele nuwe lot akteurs wat hulle by die reeds indrukwekkende rolverdeling aansluit.

Meer

‘The Last of Us’ keer terug met ’n ontsaglike tweede seisoen 

Vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey) neem die tweede seisoen van die aangrypende oorlewingsage, ‘The Last of Us’, vir kykers op ’n kragtoer wat die mensdom se verwoestende siklusse van geweld, weerwraak en verwronge geregtigheid op die voorgrond plaas.

Meer

‘Ons ken almal ’n Adam’: Regisseurs vertel oor fliek wat op eie skoolervarings gegrond is

Die skrywer-regisseur Winford Collings en mede-regisseur Liyema Speelman se fliek, ‘Adam’, oor ’n tienerseun wat deur alle soorte hel op ’n militaristiese plaasskool gaan, is wel op hul eie skoolervarings gegrond, maar met temas wat strek van idealisme tot verkrampte manlikheid, is dié nie net húl storie nie. Soos hulle ook dan sê: ‘Ons almal ken ’n Adam.’ 

Meer

‘Ek kan nie glo wat ons reggekry het nie’: Dís hoe die visuele wêreld van ‘Niggies’ geskep is

Elke liewe kledingstuk, motor en mat, word deel van die hartklop van ’n reeks soos ‘Niggies’. Die produksie- en -kostuumontwerpers van 'Niggies', Rocco Pool en Mariechen Vosloo, vertel hoe hulle visuele wêrelde vir TV skep.

Meer

‘Niggies’: Nuwe podcast delf nog dieper as reeks

Kykers is vasgevang deur die boeiende dramareeks 'Niggies' en die ware gebeure wat as die storie se grondslag dien. Juis daarom het kykNET nou ook ’n spesiale podcast vervaardig om hul vertelling oor die ontvoering, verkragting en moord van die twaalfjarige niggies Issie Fourie en Petro Nel in 1966 aan te vul.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Niggies

Op DStv

'Niggies' is as waremisdaadreeks ’n eerste vir kykNET en is gegrond op die ontvoering en moord van twee niggies, Issie Fourie en Petro Nel, in Odendaalsrus in 1966, ná ’n besoek aan die dorpswembad.
Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies