Menu terloops

Dokumentêr

Wat om te kyk: Moenie dié 10 stories in Oktober misloop

’n Dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se bekendste poetsbakker Leon Schuster; ’n ou kykergunsteling, ‘Vetkoekpaleis’, weer op die kassie; die tweede seisoen van die romantiese komedie ‘Nobody Wants This’; en ’n nuwe Afrikaanse drama, ‘Appels en tee’, met Diaan Lawrenson in die hoofrol, tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

‘Beauty and the Bester’: Nuwe Thabo Bester-dokkie bekyk bisarre liefdesknoop

Hoe ver sou sy vir liefde gaan? Dié vraag is die spil waarom 'Beauty and the Bester', ’n nuwe driedelige dokkiereeks oor dr. Nandipha Magudumana en haar romantiese verhouding met die veroordeelde moordenaar en reeksverkragter Thabo Bester.

Meer

Dokkiereeks oor grapjas Leon Schuster kom

Grapjas. Poetsbakker. Filmmaker. Storieverteller. En noem maar net die van 'Schuster' en almal weet dadelik van wie jy praat. Leon Schuster is al dekades volksbesit, en nou word sy lewensverhaal – die eerste keer, in ’n dokumentêre reeks van vyf episodes vertel. 

Meer

Silwerskermfees 2025: Waar en wanneer om vanjaar se stories te kyk

Van die première van die hartverwarmende 'My f*k, Marelize!' tot 'Tussen hemel en aarde', die aangrypende dokumentêre verhaal van ’n gesin se tragiese verlies – vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf.

Meer

‘Hen’, ‘Nêrens, Noord-Kaap’ maak amper skoonskip by 2025 Silwerskermtoekennings vir Film en TV

Nico Scheepers se aangrypende TV-drama 'Nêrens, Noord-Kaap', asook sy ontnugterende sielkundige gruwelprent 'Hen', het met die louere weggestap op vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV. 

Meer

Silwerskermtoekennings 2025: Hier is die dokkies en kortfilms se benoemdes

Die eerste sarsie van die Silwerskermtoekennings vir Film en TV vind Saterdagoggend plaas en die benoemdes vir onder meer die kort- en dokumentêre filmkategorieë is nou bekend.

Meer

Silwerskermfees 2025: Dís op dag 3 se program

Die Silwerskermfees se laaste dag begin met waarlik besonderse dokumentêr 'Felix by die koppie' en sluit af met Brett Michael Innes se stoutlekker-komedie, 'Khaki Fever'.

Meer

Silwerskermfees 2025: Dís op dag 2 se spyskaart

Die tweede dag van die fees begin met twee uiteenlopende kortprente – wat die bekroonde aktrise Cindy Swanepoel se debuut as regisseur insluit – en sluit af met Nico Scheepers se onheilspellende drama, 'Hen'.

Meer

Silwerskermfees 2025: Dís wat wag op dag 1

Die 13de kykNET Silwerskermfees begin vandag met ’n topklas-skedule wat twee plaaslike speelfilms – die internasionaal bekroonde 'Carissa', asook die lang verwagte 'My f*k, Marelize!' – insluit.

Meer

‘Felix by die koppie’: Die storie van ’n man en sy kamera wat die waarheid vir die wêreld sigbaar gemaak het

Felix Dlangamandla se ervaring as fotojoernalis van die Marikana-slagting is die fokus van die aangrypende dokumentêr, 'Felix by die koppie'.

Meer

‘Onthul’-dokkiereeks ondersoek hoe mense alles verloor ná hulle vir bedrieërs se pypdrome val 

In die jongste aflewering van kykNET se dokumentêre reeks ‘Onthul’ word daar nie net na tientalle uitbuitende slenters en skelm streke gekyk nie, maar ook na die impak wat dit op slagoffers het. 

Meer

‘GHAM!’: Met dié dokkie gons dit weer oor virale Temple Boys

Die rou dokumentêr, 'GHAM! Ons het lyn' bied ’n intieme kykie in die wêreld van Die Temple Boys: Chadley Dick, Dylin Adams, Terriano Duimpies en Ronin Johannes.

Meer
22

‘The ABC Killer,’ ‘Boetie Boer’, ‘Dahmer’, ‘Devilsdorp’, en meer: 20+ programme wat jou nekhare sal laat rys

Van 'Boetie Boer' en 'Devildorp' tot 'Dahmer' en 'Catch Me a Killer'... En nou ook die onthutsende nuwe ware misdaad-dokkiereeks 'The ABC Killer': dié TV-programme delf diep die donker in...

Meer

Met ‘Verander’ wil dié storieverteller genesing en hoop vir SA bring

As kind het die akteur, skrywer en vervaardiger Luan Jacobs lang stories op die stoep met pres. Nelson Mandela gesels. Luan vertel hoekom hy genoop gevoel het om ’n dokumentêr, 'Verander', oor sy gesin se ervaring met dié president te skep.

Meer

Dié nuwe TV-reekse by vanjaar se Silwerskermfees geloods

Van indringende dokkies tot die volgende, spannende uittog van die 'Spoorloos'-franchise en ’n dramareeks wat jou gaan laat ril – ses nuwe TV-reekse word by vanjaar se Silwerskermfees bekendgestel.

Meer

‘Tussen hemel en aarde’ bring troos en insig ná oud-Springbok se verlies

Niks is ooit weer dieselfde nadat ’n ouer ’n kind aan die dood afstaan nie. In vervaardiger Danielle Retief en regisseur Ursula Ludick se dokumentêre film, 'Tussen hemel en aarde', maak die oud-Springbokrugbyspeler Jannie du Plessis en sy vrou Ronel hul harte oop oor die dood van hul tien maande oue seuntjie, Jan Nathaniël, wat in 2021 verdrink het.

Meer

‘Groot en belangrike storie’ in dokumentêr ‘Vet vannie land’ vervat

In die afgeleë Richtersveld woed ’n stryd teen tyd en georganiseerde misdaad soos die wêreld van onwettige vetplanthandel op ’n ekologiese ramp afstuur. Die kort dokumentêr 'Vet vannie land' volg die briljante botanis Pieter van Wyk se pogings om ons land se uniekste ekosisteem teen ineenstorting te beskerm soos endemiese vetplante tot op die rand van uitsterwing gestroop en na die Ooste gesmokkel word.

Meer

‘Bliksems in Bothaville’: Unieke dokkie oor dorp se ‘sagmoedige’ rofstoeier

Hy is één stoeier in ’n gemeenskap van 46 030 mense daar in die hartland van die Vrystaat – Bothaville. Dis dan om Roger Wilters se werklik eiesoortige en roerende storie wat die kort dokumentêr, 'Bliksems in Bothaville', draai.

Meer

Van bendelid tot pastoor: Silwerskermfees-dokkie ‘Jan Bloed’ vertel sonderlinge verhaal

Die vervaardigers van die dokumentêre prent 'Jan Bloed', Gerrie Janse van Vuuren en Nicolaas Viljoen, neem kykers deur die strate van Westbury in Johannesburg om Alister Fortuin se tyd as lid van die Fast Guns- en Varados-bendes te herleef.

Meer

Silwerskermfees 2025: Als wat jy oor vanjaar se fees moet weet

Die 13de Silwerskermfees spog met ’n ryke oes van 21 kortfilms, waaronder dokumentêre, onafhanklike kortfilms, asook kortfilms deur gevestigde én opkomende filmmakers. Ook ses vollengte speelfilms, waarvan vyf debute van die betrokke regisseurs is, word bekendgestel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Ontmoet die kunstenaar agter ‘Die stories van Afrikaans’ se illustrasies

’n Besonderse element van 'Die stories van Afrikaans', ’n dokkiereeks wat die wortels van Afrikaans verken, is die treffende illustrasies deur die kunstenaar Jotam Schoeman. Hy vertel meer.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

‘Kykers gaan verstom wees’: Dokkiereeks oor Afrikaans verken taal se wortels, ontwikkeling

Die nuwe dokumentêre reeks 'Die stories van Afrikaans' se agt episodes verken die geskiedenis van Afrikaans, maar kyk ook vorentoe. Dit begin einde-April op kykNET uitsaai.

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies