Menu terloops

Gangs of London S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Apr 2023]


Albei seisoene van goddelose trawante se doen en late in die bekroonde reeks ‘Gangs of London’ is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

Gangs of London S1-2
Kyk lokprent

Die tweede seisoen van Gangs of London hervat die verhaal sowat ’n jaar ná die dood van die bendebaas Sean Wallace met ’n nuwe, wrede magsorde wat in London heers. . 

Die reeks is deur Gareth Evans en Matt Flannery geskep met onder andere Paapa Essiedu, Lucian Msamati en Michelle Fairley in die rolverdeling. 

In hul vierster-resensie, skryf The Independent só oor die tweede seisoen: “Die plesier van die reeks is deur die jare onveranderd: onberispelike gechoreografeerde vegtonele, ’n vinnige tempo en slim, meesleurende regie met spanning as die kernwoord.”

Gangs of London het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Die volle eerste seisoen is reeds op Showmax beskikbaar met die tweede seisoen wat in weeklikse episodes, vanaf Maandag, 10 April, op Showmax, vrygestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies