Menu terloops

Foundation S1-2

Op Ander [Gepubliseer op 14 Jul 2023]


‘Foundation’ is ’n wetenskapfiksiereeks oor ’n groep bannelinge wat die Galaktiese Ryk tot ’n val moet bring. Beide seisoene is op Apple Tv+ beskikbaar om te stroom.

Foundation S1-2
Kyk lokprent

Foundation is ’n wetenskapfiksiereeks en losweg gegrond op die bekroonde romans deur Isaac Asimov. Die reeks vertel die storie van The Foundation, ’n groep bannelinge wat ontdek dat dat hulle die sogenaamde Galaktiese Ryk eers tot ’n val sal moet bring voordat hulle dit – en daarmee saam die mensdom en beskawing – kan red. 

Foundation
Brother Day (Lee Pace) is die heerser van die Galaktiese Ryk. Hy is in konflik met Hari Sheldon (Jared Harris).

Die tweede seisoen strek oor 10 episodes. Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. Onder die rolverdeling tel Lee Pace (The Hobbit-trilogie) en Jared Harris (Mad Men, Chernobyl).

Pretbederwer!

Moenie verder lees as jy beplan om eers die reeks vanaf die eerste seisoen te binge nie!

In die laaste episode van die eerste seisoen vind Salvor Hardin, vertolk deur Leah Harvey (Fighting with My Family) uit dat sy die biologiese dogter is van Gaal Dornick (Lou Llobell) en Raych Foss (Alfred Enoch wat Dean Thomas in Harry Potter-flieks is). Dis die einste twee wat op een of ander vreemde manier verantwoordelik was vir die psigogeskiedkundige Hari Sheldon se moord. Jared Harris (Chernobyl, Morbius, The Terror) vertolk die rol van Hari, held en mentor van die Terminus-kolonie.

Salvor groet haar geliefde Hugo (Daniel MacPherson van Neighbours-faam) en vaar die ruimte in op soek na Gaal Dominick . . .


Vanaf Vrydag, 14 Julie 2023, op Apple TV+.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies