Menu terloops
In Wat om te kyk [11 Okt 2024]

‘Formidabele vroue’: TV-program bring hulde aan joernalis Martie Retief Meiring


Op Saterdag, 12 Oktober, ook die dag van die joernalis Martie Retief Meiring se gedenkdiens in Stellenbosch, saai kykNET die program, ‘Formidabele vroue: Martie Retief Meiring’, om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit. 

‘Formidabele vroue’: TV-program bring hulde aan joernalis Martie Retief Meiring

Sy was ’n baanbreker en kampvegter. ’n Joernalis wat veral vir ander vrouejoernaliste die pad oopgemaak het. ’n Brugbouer, kultuurskat en iemand wat met dieselfde aandag kon praat met ’n akademikus as ’n student. In kort: Martie Retief Meiring was ’n formidabele vrou. 

By die pas afgelope Toyota Stellenbosch Woordfees het Martie die Woensdag geval en is sy in die hospitaal opgeneem. Maar Saterdagaand het sy finaal gegroet. Martie sou in Desember 90 jaar oud geword het. 

Die Formidabele mense-reeks het al verskeie groot name as onderwerp gehad, onder andere F.W. de Klerk, Mangosuthu Buthelezi en Louis van Niekerk. 

Oor al die jare het ek voet by stuk gehou dat sy die mens is wat die vlugste van verstand is wat ek ooit ontmoet het. Daarby het sy wysheid, mense-insig en ’n verstommend ratse humorsin gehad.

René Conradie

Só word Martie onthou

“Daar was maar een soos Martie. Sy wat ’n sweefstok so goed kon balanseer,” skryf ’n jare lange vriendin, die uitgewer Hettie Scholtz, op Facebook.

“Martie Retief Meiring was vir 52 jaar vir my ’n vriendin en ’n mentor. Van kardinale proporsies,” skryf die skrywer René Conradie. “Maar hierdie verlies strek wyd en raak vele mense en vlakke aan. Tot op hede nog (sy sou op Boxing Day 90 geword het) skerpsinnige (altyd net duskant skunnige) rubriekskrywer vir Die Burger en prominente burger en raadgewer van Stellenbosch. Oor al die jare het ek voet by stuk gehou dat sy die mens is wat die vlugste van verstand is wat ek ooit ontmoet het. Daarby het sy wysheid, mense-insig en ’n verstommend ratse humorsin gehad. Sy kon iemand vinnig opsize en nie gebluf word deur vertoon of vermaak nie.”

“Martie Meiring het ’n hele generasie jongmense, veral vroue en baie wat ek persoonlik ken, geïnspireer om meer te wil wees. Om nie ondergeskik te wees nie. Om voor te vat. Kyk maar net na haar eie kind. En sy was nog altyd net dáár, Martie Retief Meiring. By die aksie, by die toneel, op die toneel. Immer op soek na ’n storie en die perfekte sin. Joernalis tot die einde toe,” het Nadine Petrick in INK, die Woordfees se feespublikasie geskryf. 

Martie was getroud met die argitek en kunstenaar Hannes Meiring, wat in 2010 oorlede is. Hul dogter, Kabous, is veral bekend as die aanbieder van Prontuit, een van kykNET se aktualiteitsprogramme. 


Formidabele Vroue: Martie Retief Meiring word op Saterdagaand 12 Oktober om 21:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai met ’n heruitsending op 13 Oktober om 15:30. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies