Menu terloops

Flatbush Misdemeanors S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 12 Jan 2023]


‘Flatbush Misdemeanors’, nou in sy tweede seisoen, is gegrond op die bekroonde 2017 digitale reeks en het ’n 100%-gradering op Rotten Tomatoes.

Kyk nou albei seisoene

Flatbush Misdemeanors S1-2
Kyk lokprent

In Flatbush Misdemeanors vertolk Kevin Iso en Dan Perlman jare lange vriende. Die storie volg hul lewens, verhoudings en vriendskap in Flatbush, Brooklyn.

Die reeks, nou in sy tweede seisoen, is gegrond op die bekroonde 2017 digitale reeks en het ’n 100%-gradering op Rotten Tomatoes. Vulture het die reeks ook by sy lys van die beste TV-programme van 2022 ingesluit. Soos hulle dan ook sê: “Elke episode van Flatbush Misdemeanors is propvol skerp sosiale kommentaar en aangename vertolkings… Die hart van die reeks is egter oor die moeite wat nodig is vir die instandhouding van die verhoudings wat die meeste vir ons beteken, maar wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.”

Binge die tweede seisoen vanaf 12 Januarie. Die eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies