Menu terloops

Fire Country S1

Op DStv [Gepubliseer op 29 Nov 2022]


‘Fire Country’ is geskep deur die bekroonde vervaardiger Jerry Bruckheimer. Hy is bekend vir sy werk op treffers soos ‘Top Gun’, ‘Top Gun: Maverick’, en die ‘Pirates of the Caribbean’-flieks.

Fire Country S1
Kyk lokprent

Fire Country is ’n nuwe dramareeks wat draai om CalFire, ’n wildernisbrandbestrydingseenheid in Noord-Kalifornië wat uit gevangenes bestaan. Dis ’n ondankbare werk en die risikos is volop, maar dié lot hoop om só hul vonnisse te verkort.

Die hoofkarakter is Bode Donovan (vertolk deur Max Thieriot en sy breë skouers van Seal Team) wat as deel van dié brandbestrydingsprogram na sy tuisdorp gestuur word. Sy ma, Sharon (Diane Farr), is dié dorp se polisiehoof en sy pa, Vince (Billy Burke), staan aan die hoof van die brandweer. Hulle het gemengde gevoelens oor hul seun se terugkeer… Nie dat hy veel van ’n sê het nie. Bode leer egter gou dat om onvoorspelbare veldbrande aan te vat eng konsentrasie, spanwerk en vertroue verg om te oorleef. 

Kyk Fire Country S1 vanaf Dinsdag, 29 November, om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies