Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Sep 2021]

Fiela se Kind


Fiela se Kind is ’n roerende verhaal oor ’n ma en seun wat deur ’n wrede wêreld van mekaar geskei word.

Lus vir huil? Kyk nou.

Fiela se Kind
Kyk lokprent

Fiela se Kind is ’n baken in die plaaslike kulturele landskap. Die bekroonde skrywer Dalene Matthee se gelyknamige boek is in 1986 gepubliseer en sedertdien is die storie vir die verhoog en vir die grootskerm aangepas. Die 1988-fliek is deur Katinka Heyns geregisseer, met Shaleen Surtie-Richards, André Rossouw, Lida Botha en Dawid Minnaar by die rolverdeling ingesluit.

In ’n hervertelling vir die silwerdoek in 2019 het Zenobia Kloppers by Surtie-Richards oorgeneem as ma Fiela Komoetie wat ’n verlore wit seuntjie in die Knysna-bos vind. Fiela, ’n bruin vrou, maak hom groot as Benjamin Komoetie (Luca Bornman) maar dan word hy uit Fiela se arms geruk en “huis toe geneem.” 

Dis ’n roerende verhaal met gut-punch-vertolkings; die trane val, die harte skeur. Die wêreld kan swaar en bitter lelik wees, maar liefde oorwin. 

Kyk die 2019-weergawe op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies