Menu terloops

Fate: The Winx Saga S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 16 Sep 2022]


Somtyds het ’n mens nodig iets te kyk wat geen breinkrag verg nie – ‘Fate: The Winx Saga’ is net die reeks daarvoor. Die tweede seisoen is nou op Netflix beskikbaar.

Fate: The Winx Saga S1-2
Kyk lokprent

Fate: The Winx Saga volg die coming-of-age-storie van ses feë by ’n magiese kosskool, Alfea. Daar leer die lot hoe om hul kragte terselfdertyd as gewone tienerwees-probleme te bemeester. So tussendeur verlief word is daar mos altyd ’n monsterlike kreatuur wat dreig, hoe dan nou anders? Die reeks is gegrond op die Italiaanse spotprent Winx Club, en gelei deur The Vampire Diaries-skepper Brian Young. 

Met die aanvang van die tweede seisoen is die skool onder die stuur en gluur van die militante skoolhoof, Rosalind. As feë in die nag begin verdwyn ontdek die groep vriende ’n nuwe bedreiging tot hul bestaan. 

Borrelgom-kykstof meer as enigiets anders, maar somtyds het ’n mens nodig iets te kyk wat geen breinkrag of commitment verg nie. Dis net die reeks daarvoor.

Stroom die tweede seisoen van Fate: The Winx Saga vanaf 16 September op Netflix. 

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies