Menu terloops

Fatal Seduction S1

Op Netflix [Gepubliseer op 7 Jul 2023]


‘Fatal Seduction’: Geheime, wraak, ontrou en ‘n moord (of meer) maak van hierdie plaaslike produksie ’n móét-kyk op Netflix.

Fatal Seduction S1
Kyk lokprent

Die verhaal van Fatal Seduction ontvou as Nandi Mahlati, vertolk deur Kgomotso Christopher (Legacy), op ’n naweekwegbreek sonder haar man, Leonard, gaan.

Sy is besig om te treur oor haar onlangse miskraam, gepaardgaande met haar agterdog wat geprikkel is deur ’n verdagte teks op Leonard se foon… afkomstig van sy pragtige – en jong – assistent, Ameera Naidoo (Rizelle Januk).

Haar beste vriendin, Brenda (Lunathi Mampofu), vergesel haar op die wegbreeknaweek en moedig haar selfs aan om met ’n sexy ou op ’n Kaapse strand vriende te maak. Nandi ontmoet dan só die begeerlike Jacob, vertolk deur die nuweling Prince Grootboom (Jiva! en 1802: Love Defies Time). Sy kan Jacob eenvoudig nie weerstaan nie, maar vir Jacob is dié sekskapades a means to an end. Jacob is immers op ’n wraaktog… Hy soek die waarheid oor wat agter sy familie se swaar lot lê en Nandi en Leonard blyk antwoorde te hê.

Dan word iemand ná aan Nandi vermoor. En dit mag dalk verband hou met nog ’n ander moord . . .

Fatal Seduction is gegrond op die Netflix-reeks Dark Desire deur Nayura Aragón Herranz en Leticia López Margalli.

Die rol van Leonard word deur Thapelo Mokoena vertok (Showmax se Pulse, Dominee Tienie en Trackers).


Vanaf Vrydag, 7 Julie, op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies