Menu terloops
In Features [28 Feb 2023]

Evan Hengst oor sy gehate ‘Suidooster’-karakter, Dirk, uit die dood herrys


Aanhangers van die bekroonde kykNET-sepie ‘Suidooster’ is onkant betrap toe ’n gehate karakter as’t ware uit die dood opgestaan het.

Kyk nou

Evan Hengst oor sy gehate ‘Suidooster’-karakter, Dirk, uit die dood herrys

In Dinsdag se episode het Dirk, wat deur Evan Hengst vertolk word, weer in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, opgedaag. Dirk was deel van ’n onwettige orgaanhandelnetwerk, waarvan sy ma, die gevreesde Esther Graaff (Marion Holm), een van die sleutelfigure was.

In dié spannende storielyn, wat verlede jaar uitgesaai is, is Dirk tydens ’n polisieklopjag geskiet. Daar is toe die indruk vir kykers geskep dat dit noodlottig was… Toe nou nie. Terwyl almal gedink het hy sit in die hiernamaals, was hy eintlik besig om die polisie te help om die hart van die orgaanhandelnetwerk oop te vlek.

Ook ’n slagoffer

Volgens Evan was Dirk ’n marionet van sy ma en was hy eintlik net nóg een van haar slagoffers.

“Dirk was nooit ’n wreedaard nie, maar sy narsissistiese ma het hom manipuleer om na haar pype te dans,” sê Evan.

“Nou het hy ’n tweede kans in die lewe gekry. Hy wroeg egter baie om homself vir sy medepligtigheid te vergewe. Hy wil vir die mense wie hy leed aangedoen het vierkantig in die oë kyk om sy berou uit te spreek.” 

Suidooster se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller, sê dat Dirk se koms baie ou wonde gaan oopkrap.

“Soos die legkaart oor Dirk se vormingsjare in plek val, gaan kykers dalk simpatie vir Dirk ontwikkel. Maar daar wag verrassings met nóg spoke uit Ruiterbosch se donker verlede wat hul opwagting maak,” sê hy.

Al dié kinkels beloof glo om vorige omstrede storielyne – soos die poligamie-storielyn van AB (Cedwyn Joel) en Farah (Lee-Ann van Rooi), Ian (Abudraghman Adams) wat tot ‘n val gekom het, Bridgette (Denise Newman) en Donovan (Marvin-Lee Beukes) se troue, asook Jerome (Danny Ross) se skielike dood, te oorskadu.

Suidooster
Evan Hengst vertolk die rol van Dirk in Suidooster. Hy het skielik weer sy verskyning gemaak ná kykers geglo het hy is doodgeskiet. Foto: Verskaf

Suidooster is verlede jaar by die SAFTAS as die land se beste sepie aangewys. Dit word op weekdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET & kie (kanaal 145) gewys. Dit is ook op DStv Online en Catch Up beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies