Menu terloops

Euphoria S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Jan 2022]


Zendaya is geheel en al meevoerend as Rue in hierdie grensverskuiwende reeks.

Kyk nou

Euphoria S1-2
Kyk lokprent

In die baanbrekende, somtyds omstrede trefferreeks, vertolk Zendaya ’n tienerverslaafde, Rue, wat tussendeur die lief en leed in haar tuisdorp, East Highland, ook hoop probeer vind.

In 2020 het Zendaya (Spider-Man: Far from Home) die jongste aktrise ooit geword toe sy ’n Emmy vir haar spel in dié dramareeks gewen het.

Die reeks is in 2019 as beste drama by die People’s Choice-toekennings aangewys en is ook wyd geloof en bekroon vir sy musiek, lirieke, grimering en kostuums.

Euphoria het ’n 8.4/10-gradering op IMDb en ’n 90% kritici-gradering op Rotten Tomatoes. 

Kyk op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies