Menu terloops

Euphoria S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Jan 2022]


Zendaya is geheel en al meevoerend as Rue in hierdie grensverskuiwende reeks.

Kyk nou

Euphoria S1-2
Kyk lokprent

In die baanbrekende, somtyds omstrede trefferreeks, vertolk Zendaya ’n tienerverslaafde, Rue, wat tussendeur die lief en leed in haar tuisdorp, East Highland, ook hoop probeer vind.

In 2020 het Zendaya (Spider-Man: Far from Home) die jongste aktrise ooit geword toe sy ’n Emmy vir haar spel in dié dramareeks gewen het.

Die reeks is in 2019 as beste drama by die People’s Choice-toekennings aangewys en is ook wyd geloof en bekroon vir sy musiek, lirieke, grimering en kostuums.

Euphoria het ’n 8.4/10-gradering op IMDb en ’n 90% kritici-gradering op Rotten Tomatoes. 

Kyk op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies