Menu terloops

Elite S1-6

Op Netflix [Gepubliseer op 18 Nov 2022]


Hope en hope drama wag in die nuwe seisoen van een van Netflix se gewildste reekse, die Spaanse drama, ‘Elite’.

Elite S1-6
Kyk lokprent

Die sesde seisoen van Elite tel op ná nog ’n Las Encinas-student se dood met die skool wat sy elite reputasie probeer beskerm. Makliker gesê as gedaan – dit blyk die studente is moeg daarvoor dat sistemiese probleme soos rassisme, seksisme, mishandeling en LGTBI-fobie onder die mat gevee word. 

Daar is ook twee nuwe studente. Isadora is die jong erfgenaam van ’n groot nagklub-sakeryk, en Iván is die seun van die wêreld se grootste sokkerster. 

Die nuwe seisoen is die eerste een waarin daar glo geen van die karakters van die eerste drie seisoene (steeds die bestes, as jy my vra…) verskyn nie.

Vanaf 18 November.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies