Menu terloops

Elders S1-6

Op DStv [Gepubliseer op 3 Jul 2023]


In die sesde seisoen van die kykNET-realiteitsreeks, ‘Elders’, is daar ’n sterk leefstylfokus – hoe dan anders met Franse kos en wyn? ‘Elders: Frankryk’ is nou op DStv.

Kyk nou

Elders S1-6
Kyk lokprent

Elders is een van die lekkerste reisreekse op televisie. Maar met Elders is die bestemming slegs die beginpunt – wie en wat die skrywer en storieverteller Erns Grundling daar vind, is die vleis waaraan kykers smul.

In die sesde seisoen, Elders: Frankryk, gee Erns dan ’n voorskou op vanjaar se groot Rugbywêreldbekertoernooi se gasheerland. Die span gesels ook met Suid-Afrikaners wat in  Frankryk woon – insluitend ’n klompie rugbyspelers.  

Vanjaar se reeks verskil van verlede jaar se Elders (op Showmax beskikbaar) toe Erns die Pelgrimstog van Hoop se Tuinroete tussen Uniondale en Mosselbaai gestap het. Hoewel Erns in vyf episodes van Elders: Frankryk die Via Podiensis Camino-roete stap, en ook in ander episodes die Le Chemin de Nietzsche stap en gedeeltelik die spore van die Franse Hugenote volg, reis hy ook met ’n Toyota-voertuig tussen dorpe en stede. Die reeks het dus ’n sterk leefstylfokus juis omdat die Franse kos en kultuur so baie bied. 

Kyk die vorige Elders-seisoene op Showmax.


Vanaf Maandag, 3 Julie 2023, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn). Ook op Catch Up. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies