Menu terloops
In Lysie-lysie [10 Jun 2024]

Wie’s wie in ‘Een keer om die son’? Ontmoet die karakters van nuwe gesinsdrama


Die rolverdeling van kykNET se nuwe gesinsdrama ‘Een keer om die son’ sluit van skermlegendes soos Albert Maritz en Joanie Combrink tot kykergunstelinge soos Donnalee Roberts en Jacques Bessenger in, met Ivan Botha as regisseur.

Wie’s wie in ‘Een keer om die son’? Ontmoet die karakters van nuwe gesinsdrama
Kyk lokprent

Die storieskeppers en kreatiewe duo Donnalee Roberts en Ivan Botha se eerste uittog as die vervaardigers van ’n TV-drama blyk een helse emosionele wipplankrit te wees. En dís net wat ’n mens vanuit dié drama, Een keer om die son, se amptelike lokprent, kan aflei. Daarin sien ons hoe ’n gesin gaan van lag en dans na huil op die vloer – als oor die verloop van ’n enkele jaar.

Elke episode van die reeks, met Ivan en Donnalee as die hoofskrywers en Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tina Kruger as medeskrywers, beeld een maand van die jaar uit.

kykNET het onlangs die rolverdeling van die reeks, wat einde-Junie begin uitsaai, bekendgemaak.

1

Jacques Bessenger as dr. Ruan van Wyk

Een keer om die son

Dr. Ruan van Wyk is ’n neurochirurg en met Lani (Jana Kruger) getroud. Hy probeer sy bes om ’n balans tussen sy beroep en sy gesin te kry, maar sy beroep wen telkens.

2

Jana Kruger as Lani van Wyk

Een keer om die son

Lani van Wyk is met Ruan (Jacques Bessenger) getroud en is ook die ma van hul drie kinders, Markus, Leandri en Sophia. Sy is die gom wat die gesin bymekaar hou.

3

Liam Bosman as Markus van Wyk

Een keer om die son

Markus van Wyk is 17 jaar oud en in matriek. Hy word gekies as die kaptein van die eerste rugbyspan, maar het ’n ander droom.

4

Alma van Heerden as Leandri van Wyk

Leandri van Wyk is 15 jaar oud en in graad 9. Sy raak ná ’n familietrauma geweldig rebels en doen dinge wat sy nooit voorheen sou doen nie.

5

Klara van Zyl as Sophia van Wyk

Sophia van Wyk is agt jaar oud en Lani en Ruan se jongste dogter. Waar Leandri se gedrag baie rebels raak, verkies Sophia om eerder na haar eie fantasiewêreld te ontsnap en só van haar realiteit sin te maak. 

6

Donnalee Roberts as Amé Cloete 

Een keer om die son

Amé Cloete is ’n 36-jarige finansiële bestuurder. Sy is met Joshua (Ludwig Binge) getroud en is ook Ruan se suster. Sy het van die begin van haar verhouding met Joshua dit duidelik gemaak dat sy nie kinders wil hê nie.

7

Ludwig Binge as Joshua Cloete 

Joshua Cloete (38) is die eienaar van ’n kunsgalery en ’n kurator. Hy wil baie graag ’n pa word, maar is deeglik bewus dat Amé nie dieselfde voel nie.  

8

Albert Maritz as prof. Sebastian van Wyk

Sebastian van Wyk (67) is ’n professor in entomologie (insekkunde) en ook Ruan en Amé se pa.

9

Joanie Combrink as Elma van Wyk 

Een keer om die son

Elma van Wyk (67) is Sebastian se vrou en Ruan en Amé se ma. Sy bak vir ander mense, maar voel vasgevang en het groot drome om te reis.

10

Susanne Beyers en Pierre van Pletzen as Salie en Jan Wessels

Dié twee karakters is Sebastian en Elma se beste vriende. 

11

Alex van Dyk as Xavier 

Xavier is 17 jaar oud en in graad 11. Hy is die cool kind op skool, steur hom glad nie aan reëls nie, en het ’n oog op Leandri.

Ander spelers sluit in: 

  • Simone Neethling as Charlie, die leier van die dansgroep; 
  • Lee-Ann van Rooi as dr. Beth Hendricks, hoof van neurochirurgie;
  • Adriaan Havenga as dr. Jean Petersen, wat besig is met sy opleiding as neurochirurg; 
  • Bennie Fourie as Coach Cilliers;
  • Antoinette Louw as Juffrou Marianne, Sophia se graad 2-juffrou;
  • Amalia Uys as die kunstenaar Sage Jones.

Kyk Een keer om die son vanaf Dinsdag, 25 Junie, op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies