Menu terloops

Formula 1: Drive to Survive S1-7

Op Netflix [Gepubliseer op 7 Mar 2025]


‘Formula 1: Drive to Survive’ is ’n opwindende dokumentêre reeks wat ’n blik gee op wat agter die skerms by die Formule Een-wêreldkampioenskap afspeel.

Formula 1: Drive to Survive S1-7

Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding.

Dié reeks het oor die afgelope paar jaar ’n onverwagte rol gespeel in die toenemende gewildheid van F1 onder TV-kykers. Dís veral danksy die voorheen ongekende agter-die-skerms-blik wat die reeks op die motorsport-wêreld gee. Dis trane, ’n geswets, frustrasie, drome bewaarheid en drome aan skerwe net waar jy kyk. Byna so senutergend soos een van die wedrenne!   

Formule 1: Drive to Survive word deur die Oscar-wenner James Gay-Rees (Amy) en Paul Martin (Ronaldo) vervaardig. Hulle het ook saam aan Maradona gewerk. 

Oor die jare het verskeie rolspelers, waaronder ook die McClaren-jaer, Lando Norris, die vervaardigers gekritiseer vir hoe hulle met die waarheid omgaan. Die vervaardigers gaan ook hewig deur omdat hulle blatant van die gesprekke oor die spanradios in onverwante tonele gebruik. Ook vir die wanvoorstellings wat van verhoudings tussen jaers, spanmaats en spanbestuurders geskep word. ’n Knip-en-plak-situasie met ’n reuse-begroting… Diesnieteenstaande word die reeks ook geprys vir hoe dit meer aanhangers na die sport gelok het.


Al sewe seisoene van Drive to Survive is nou op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies