Menu terloops

DMZ

Op DStv [Gepubliseer op 19 Aug 2022]


In die mini-reeks ‘DMZ’ word Manhattan ’n gedemilitariseerde sone as ’n burgeroorlog in die VSA uitbreek.

Kyk nou

DMZ
Kyk lokprent

DMZ is ’n distopiese mini-reeks met slegs vier episodes. Die reeks is deur Roberto Patino (’n skrywer en uitvoerende vervaardiger op Westworld se eerste twee seisoene) vir HBO geskep.

Midde die chaos van die burgeroorlog, soek die medikus Alma Ortego (Rosario Dawson) na haar verlore seun. Dít terwyl haar eks-liefde, Parco (Benjamin Bratt), beheer van die boonste deel van Manhattan as leier van die Spaanse Harlem Kings-bende neem.

Die reeks het nie baie aanhang onder kritici (of kykers) op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes nie. Dit het ’n punt van slegs 54%. Dít dan ten spyte van die groot name wat by die reeks betrokke is, soos die bekroonde Ava DuVernay. Selfs Dawson en Bratt se toneelspel, wat wyd geloof is, kan nie die reeks red nie.

Kyk weeklikse episodes van DMZ vanaf Vrydag, 19 Augustus, om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies