Menu terloops
In Recaps & Resensies [20 Jan 2022]

Dís waarom jy Mary Twala se swanesang móét kyk


‘This Is Not A Burial, It’s A Resurrection’ is ’n hipnotiserende verhaal oor die verlede – én voortuitgang. Jy kan dit nou op Showmax kyk.

Deur Stephen Aspeling

Kyk nou

Dís waarom jy Mary Twala se swanesang móét kyk
Kyk lokprent

Die Mosotho-drama, This is Not a Burial, It’s a Resurrection, met die wyle, en ikoniese aktrise Mary Twala in ’n boeiende hoofrol, is een van daai flieks wat in die “verpligtend-om-te-kyk”-kategorie val.

Die prent se skrywer-regisseur, Lemohang Jeremiah Mosese, is self-opgelei en dís sy natuurlike aanvoeling en kreatiewe vindingrykheid wat die storie vorentoe dryf.

Nie hy of die storie buig voor konvensionele maniere om stories te vertel nie – Mosese het sy eie pad gekerf en sy eie filmiese taal geskep om hierdie spookagtige verhaal oor die verlede – en vooruitgang – te skep. Die vertelling volg Mantoa (Twala), ’n 80-jarige weduwee, wat ’n nuwe sin van doelgerigtheid en passie vind as haar gemeenskap deur ’n damontwikkeling bedreig word. .

Die fliek is in wese ’n dekonstruksie van ’n begrafnis en ondersoek temas rondom erfenis, nalatenskap en godsdiens. Daar is ook ryk sosio-politieke ondertone wat tydige Afrika-narratiewe oor imperialisme en grondbesit met sorg verweef.

Twala, in haar finale vertoning voor haar dood, verleen selfs meer diepte, en is een van verskeie uitstekende rolverdelingkeuses. Terwyl sy in byna elke raam van haar swanesang pryk, word Twala ook ondersteun deur spelers soos Jerry Mofokeng en Makhaola Ndebele.

Mosese kweek ’n donker, ontnugterende atmosfeer en tesame met sy gebruik van klank, herinner dit aan die werk van die legendariese filmmaker David Lynch. In dié surrealistiese atmosfeer laat Mosese spookagtige tonele toe om soos skilderye te ontvou. This Is Not A Burial, It’s A Resurrection is pragtig verfilm, en die deurdagte komposisie en hipnotiserende beelde resoneer met die afgryse van Robert Eggers.

Die storievertelling is deurspek met poësie en kragtige kontraste, wat die dialoog toelaat om die anderwêreldse gevoel van Mosese se wêreld aan te vul, asook af ​​te dwing. Teen die agtergrond van Lesotho se natuurlike skoonheid verdiep This Is Not A Burial, It’s A Resurrection hom in die land se ryk kultuur en erfenis.

Die drama is uiteindelik gekies as Lesotho se eerste beste internasionale rolprent-voorlegging by die 93ste Oscar-toekennings.

Kyk nou dié reeds bekroonde fliek op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies