Menu terloops
In Gons [15 Okt 2024]

‘Diepe Waters’: Theresa se angswekkende storielyn bereik lewensgevaarlike klimaks


Ná weke van dreigemente en teistering het Wessel se obsessie met sy eksvrou op ’n lewensgevaarlike konfrontasie in ‘Diepe Waters’ uitgeloop.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’: Theresa se angswekkende storielyn bereik lewensgevaarlike klimaks

Dinsdag, 15 Oktober se episode van kykNET se telenovela Diepe Waters het kykers se senuwees aan flarde gehad toe Theresa (Mandi Baard) op die nippertjie uit ’n vreesaanjaende situasie met haar eksman, Wessel (Francois van Rensburg), ontsnap het.

Theresa, wat haar lewe saam met Jacques (Werner Coetser) ná haar egskeiding van Wessel  herbou het, het haar donkerste oomblik beleef toe Wessel in haar huis ingebreek en ontvoer het. In ’n ysingswekkende toneel het Wessel toe Theresa se hande en voete vasgebind en haar na ’n swembad gesleep, vasbeslote om haar lewe te beëindig. “As ek jou nie kan hê nie, kan niemand jou hê nie,” was sy laaste woorde aan haar voordat hy haar in die water gegooi het, met die doel om haar te laat verdrink.

Diepe Waters
Theresa, wat haar lewe saam met Jacques ná haar egskeiding van Wessel  herbou het, het haar donkerste oomblik beleef toe Wessel in haar huis ingebreek, ontvoer en toe probeer verdrink het. Foto: Skermgreep

Maar in ’n onverwagse wending het Jacques betyds opgedaag, in die swembad geduik en Theresa gered.

Moeilike toneel vir akteurs

Die toneel waar Wessel vir Theresa probeer verdrink, was vir Francois baie moeilik om te skiet. “Ek en Mandi het mekaar goed opgesweep voordat die kameras begin rol het om seker te maak ons laat reg aan die skrywers se visie vir storielyn geskied. Daar is mense wat hierdie realiteit daagliks in die gesig staar en ons wou dit so eerlik as moontlik uitbeeld.”

“Dis die toneel wat my nog die mees angstig in my loopbaan gemaak het,” sê Mandi. “Die manier waarop die produksiemense met my daardeur gepraat het, en dat hulle my die opsie gegee het om ’n stunt double te kry, het baie gehelp.”

Diepe Waters
“Dis die toneel wat my nog die mees angstig in my loopbaan gemaak het,” sê Mandi. Foto: Skermgreep

Daar was ’n mediese persoon en ’n stunt-koördineerder op stel, wat ook gehelp het om haar meer op haar gemak te laat voel. “Francois was so versigtig om my nie seer te maak nie. Ek moes later vir hom sê hy kan my maar harder gooi,” vertel sy. 

Donker uitdagings

Vir Francois was dit ’n uitdaging om so ’n donker karakter te speel. “Wat Wessel doen en hoe hy optree, is verkeerd. Hy is jaloers en besitlik en hy manipuleer Theresa om sy sin te kry,” sê hy. “Hy raak obsessief en desperaat as hy sien dat hy haar nie kan terugkry nie. Die uitdagendste deel was om by daai donker, emosionele plekke uit te kom wat die karakter verg,”

Hierdie aangrypende episode het die uiterstes van vrees, liefde en oorlewing gewys. Hoe sal Theresa in die nadraai van haar angswekkende ervaring herstel? 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies