Menu terloops
In Gons [23 Aug 2024]

En toe gebeur die ondenkbare in ‘Diepe Waters’: Gys en Zelda. Verlief.


Nee, jou oë lieg NIE vir jou nie… ‘Diepe Waters’ se aartsvyande het toe inderdaad liefde gevind… by mekaar!

En toe gebeur die ondenkbare in ‘Diepe Waters’: Gys en Zelda. Verlief.

In gisteraand se episode van Diepe Waters het Gys en Zelda, wat vanaf die begin van die reeks vyande is, hul liefde aan mekaar verklaar. Dít nadat hulle al meer as 48 uur saam in ’n hysbak vasgekeer is, met die wete dat hulle moontlik dit nie gaan oorleef nie.

Vroeër vanjaar het kykers van Diepe Waters uitgevind Gys (Justin Strydom) is die pa van Zelda (Sandi Schultz) se dogter, Pam (Tracey-Lee Oliver), en dat hulle ’n verlede het wat lang skaduwees oor die hede gooi. Daar steek dus veel meer as net ’n botsing van persoonlikhede agter die vyandigheid tussen hulle.

Gys en Zelda het egter saam aan ’n projek begin werk en meer oor hulle verlede begin praat. En toe word hulle saam in ’n hysbak vasgekeer en daar vind boonop ’n ontploffing plaas. Met die ingewikkelde reddingspoging wat volg, begin beide vrees vir hulle lewe. En toe maak hulle harte oop, en Gys erken dat hy nog altyd lief vir Zelda was.

Kan hierdie twee vyande die strydbyl begrawe en hulle liefde weer laat blom? Ou liefdes roes mos nie…

Wat dink Justin en Sandi van dié verwikkeling?

Diepe Waters, Gys en Zelda
Saam in die ding… Foto: Skermgreep

“Ek dink ou liefde roes dalk nie, maar dit kan wel verander,” sê Justin. “Dit bly altyd deel van jou, en die herinneringe en gevoelens kan verweer, maar dit bly altyd iewers binne jou.”

“Eerste liefdes het altyd ’n deel van jou hart,” sê Sandi op haar beurt.

Diepe waters is nie die eerste reeks waarin Justin en Sandi tenoor mekaar speel nie.

“Ek en Justin ken mekaar sedert 2005 toe ons saam in Binnelanders was,” sê Sandi.

“Ons is baie gemaklik met mekaar. Ek hou van die feit dat hy, soos ek, totaal verbind is daartoe om die storie te vertel en dat ons soveel pret het deur dit te doen.”

“Ek geniet die dinamiek en vonk tussen ons karakters,” sê Justin.

“Sandi bring iets besonders na die tafel, en dit is altyd ’n plesier om saam met haar op stel te wees. Haar professionele houding en diepte in haar vertolkings maak elke toneel ’n avontuur.”

Hoe lyk die toekoms vir Gys en Zelda?

“Dis altyd moeilik om te sê, want in die wêreld van telenovelas kan enigiets gebeur,” sê Justin.

“Gys en Zelda het al baie deurgemaak, en dit lyk of daar nog baie uitdagings voorlê. Die toekoms hou beslis interessante wendinge vir albei in.”

“Mens kan net hoop dat hulle ewige geluk vind, maar net tyd sal leer,” sê Sandi.

Diepe Waters
Iets sê vir my daar gaan meer van hierdie soene in hul toekoms wees… Foto: Skermgreep

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies