Menu terloops
In Sepies [29 Apr 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Mei 2025


Henry en Lettie het groot toekomsdrome, en Bianca stoomroller voort. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Mei 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Donderdag, 1 Mei

Lettie en Henry kry onverwagse nuus. Fourie aanvaar Sanet se aanbod. Fourie se laaste woorde aan Nelius en Bianca steek soos ’n dolk in die hart.

Maandag, 5 Mei

René en Lucas bring ’n voorstel na Gys toe. Juvan ontvang goeie nuus van Pam af. Gys vind iets skokkend uit oor Siseko se troue.

Dinsdag, 6 Mei

Henry is in ’n penarie wanneer hy sy mond verby praat. Siseko bieg iets groot aan Bandile. Bianca peins oor ’n idee…

Woensdag, 7 Mei

Lettie is bekommerd oor Alice. Zelda ontmoet vir Bianca. Sanet maak gereed vir aandete met Fourie en Rossouw.

Donderdag, 8 Mei

Die atmosfeer tussen Fourie en Sanet is gespanne ná Fourie se argument met Rossouw. Bianca maak ’n sakevoorstel aan Gys.

Diepe Waters
Fourie (David Louw) het baie balle in die lug vandeesmaand in Diepe Waters. Foto: Skermgreep

Maandag, 12 Mei

Pam vertel vir Siseko die hartverskeurende nuus. Alice geniet Henry se aandag. Gys leer oor Bianca se verlede.

Dinsdag, 13 Mei          

Alice en Henry besoek die ginekoloog sonder Lettie. Fourie lees vir Bianca die Leviete voor. Zelda ontmoet Siseko.

Woensdag, 14 Mei

Fourie en Karla stamp koppe. Alice werk op Lettie se senuwees. Gys, Jacques en Rossouw berei voor vir Pam se lobola.

Donderdag 15 Mei

Alice laat ’n geheim glip. Bianca konfronteer Sanet, en Zelda en Gys versag teenoor mekaar.

Maandag, 19 Mei

Fourie is bekommerd oor Juvan. Lucas en Karla wonder oor Juvan en Nina se verhouding. Gys hunker na Bianca.

Dinsdag, 20 Mei

Die lobola-onderhandelinge neem ’n paar onverwagse wendings. Lettie en Alice se verhouding verswak verder. Juvan sien Nina met ander oë.

Woensdag, 21 Mei

Karla probeer uitvind of Nina van Juvan hou. Die konneksie tussen Gys en Bianca bou. Lettie en Henry se aanneming is in gevaar.

Donderdag, 22 Mei

Karla en Lucas beraam ’n plan om Juvan en Nina nader aan mekaar te bring. Henry se hart is stukkend.

Maandag 26 Mei

Pam probeer hard om Siseko se teenstrydigheid te bedruk. Dinge loop skeef vir iemand, en Sanet sien ’n ander kant van Fourie.

Dinsdag, 27 Mei

Karla en Lucas beraam ’n nuwe plan om Nina en Juvan bymekaar te kry. Gys en Bianca wil ’n bekendstelling vir die Swartmarlyn en Delicate Rose se samewerking reël.

Woensdag, 28 Mei

Karla en Lucas skop met hul plan af. Pam het dit swaar onder Abongile.

Donderdag, 29 Mei

Pam voel dat Abongile haar lewe onnodig moeilik maak. Lucas en Karla se planne rondom Nina en Juvan loop skeef. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies