Menu terloops
In Sepies [27 Mei 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Junie 2025


Die opwinding – en spanning – loop hoog oor Pam en Siseko se troue, Nina en Juvan se jong liefde kry die wind van voor, en iemand loods ’n smeerveldtog teen Gys. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Junie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 2 Junie                      

Siseko is bekommerd dat Pam die troue gaan kanselleer. Rossouw vind uit sy pa sien iemand. Nina en Juvan maak uiteindelik ’n skuif.

Dinsdag, 3 Junie                           

Pam het ’n klomp ysters in die vuur met al die troureëlings. Nina is opgewonde oor haar eerste alleen-kuier saam met Juvan. Gys en Bianca is soos twee stoute tieners.

Woensdag, 4 Junie                                      

Shane is terug met slegte nuus. Dinge ontwikkel verder tussen Gys en Bianca. Siseko het ’n verrassing vir Pam.

Diepe Waters gids
Dinge het omtrent… gewikkel… tussen Gys en Bianca. Foto: Skermgreep

Donderdag, 5 Junie           

Die Bhonga-troue is hier. Rossouw vind uit wie die nuwe vrou in Gys se lewe is. Bianca probeer uitreik na Juvan, maar tevergeefs.

Maandag, 9 Junie                                 

Nina en Shane se band word hegter. Theresa ontvang ’n aanbod vir ’n nuwe geleentheid en Gys los ’n groot bom.

Dinsdag, 10 Junie                             

Juvan is ongelukkig dat Shane hom in Nina se lewe ingewurm het. Berta probeer ’n laaste keer om Theresa te oortuig om in haar potgooi te verskyn.

Woensdag, 11 Junie 

Die Swart-kinders is ontsteld oor hul pa se nuwe verhouding en besluit om iets te doen. Shane ontvang hartverskeurende nuus. 

Donderdag, 12 Junie 

Shane steun op Nina en Juvan is onkant gevang deur die nuus van Shane se verlies. Lucas doen sy beste by die swemgala.

Maandag, 16 Junie 

Bianca en Zelda stamp koppe. Fourie vra Sanet om nie vir Juvan advies te gee nie. Die gaping tussen Juvan en Nina word groter.

Dinsdag, 17 Junie 

’n Mediaramp vang vir Gys onkant. Die wig tussen Juvan en Nina groei. Pam het haar mes in vir Bianca.

Woensdag, 18 Junie

Gys is bekommerd oor die gevolge van die artikel. Theresa is versigtig vir haar verantwoordelikheid. Juvan en Nina stry.

DIEPE WATERS
Gaan Nina en Juvan die wig tussen hulle uit die weg kan ruim? Foto: Skermgreep

Donderdag, 19 Junie 

Nog ’n artikel kom na vore wat sleg op Gys se karakter reflekteer. Lettie het ’n besigheidsvoorstel vir die podcast.

Maandag, 23 Junie                                     

Bones lok Gys uit en sy kinders dink dis beter as Gys by die huis bly. Karla wys Nina Juvan se perspektief. Ons leer meer oor Julie van J-Bay.

Dinsdag, 24 Junie 

Julie maak vir Theresa ongemaklik met haar vrae. Juvan glo nie Nina het perke met Shane gestel nie.

Woensdag, 25 Junie

Die smeerveldtog teen Gys ruk die hele familie. Bianca het ’n spesmaas wie agter dit is. Nina probeer vrede met Juvan maak.

Donderdag, 26 Junie 

Die smeerveldtog laat Gys die ondenkbare oorweeg. Theresa soek hulp vir Julie, and Fourie se aankoms word bederf.

Maandag, 30 Junie

Gys ontvang ondersteuning van Zelda, maar is nog nie uit die moeilikheid nie. Theresa is bang oor iets.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies